17 Mei 2012

DIE MENSLIKHEID VAN GOD

Hierdie week is die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys aan John de Gruchy oorhandig vir sy boek John Calvyn - Christian Humanist and Evangelical Reformer. Dit is die tweede maal dat John hierdie prys ontvang!

Dirkie Smit skryf insiggewend oor hierdie bydrae van De Gruchy in Geestelike Waardes (DB 12/05/12), dat vele in ons land (en in ons Afrikaanse Gereformeerde tradisie) Calvyn in 'n ander gedaante leer ken het - as juis "oënskynlik nie baie humaan nie." Hierteenoor stel hierdie publikasie, waaraan talle prominente akademici en openbare figure saamgewerk het, 'n ander perspektief op Calvyn.

"Hy was 'n humanis na opleiding (in regte en klassieke), na oortuiging (in prediking en leer), na wêreldwye invloed en nalatenskap. Van sy gevierde uitsprake bly dat waar God geken word, daar gedy mense, dus: word hul waardigheid bevorder... Gods naam word misbruik oral en altyd wanneer godsdiens teen mense ingespan word."

Argief >>

LEES MEER >>

DEMOKRASIE WERK, MAAR NIE SO NIE!

Niemand kan 'n mens kwalik neem as die gewelddadige burgerlike konflik in die strate van Johannesburg hierdie week tussen Cosato en die DA tot groot verontrusting stem nie.

Burgerlike deelname aan die demokratiese prosesse in Suid-Afrika is deel van ons Grondwetlike reg. Sien ook "Ons Demokrasie werk (nog)" in argief. Maar, dan is dit nie net een faksie van die samelewing wat die reg tot vreedsame openbare protes/optogte vir hulleself kan/mag toeëien nie.

Cosato se gewelddadige weerstand teen die optog van die DA-jeug, uit protes teen Cosatu se teenkanting van die jeugsubsidie, hou NIKS goed in vir toekomstige, soortgelyke openbare protes nie. Dit lyk ook nie of die dissiplinere prosesse in die ANC-alliansie kan tred hou met die behoefte van die opbouende, plofbare spanning wat besig is om in die land te ontwikkel nie. En, so ook nie die vermoë van 'n polisiemag wat van topstruktuur gestremd is deur sprake van aandadigheid aan ernstige korrupsie en toesmeerdery van wandade nie.  

Argief >>

LEES MEER >>