ADD - Fokusareas



Nuusbrief: Junie 2011
Nuusbrief: Maart 2011
Nuusbrief: Junie 2010
Nuusbrief: November 2009
Nuusbrief: April 2009
Nuusbrief: April 2008

Belangrike datums

 

KMDR Konsultasie

24—25 Januarie 2012

 

KMDR Werkswinkel vir databestuurders

26 Januarie 2012

 

Oorsig


Die storie
Die NG Kerk lewer reeds sedert die einde van die negentiende eeu kerklike maatskaplike dienste. Aanvanklik was die dienste hoofsaaklik institusionele sorg aan wees- en sorgbehoewende kinders (kinderhuise), kinders met gestremdhede bv Instituut vir Dowes en Blindes, ouer persone en ongetroude vroue met 'n krisisswangerskap. Die NG Kerk het ook met werkverskaffings- en maatskaplike ontwikkelingsprojekte begin. Met die armoede-vraagstuk en die verstedelikingsproses wat aan die begin van die twintigste eeu toegeneem het het die behoefte aan vakkundig-opgeleide personeel na vore gekom. Die kerk was 'n pionier met die opleiding van maatskaplike werkers by Hugenote Kollege en die aanstelling van maatskaplike werkers.

Die organisasie
Die NG Kerk se maatskaplikediensprogram is georganiseer in 10 organisasies wat onder die toesig van die onderskeie sinodes funksioneer. Die 10 organisasies vorm saam die Kerklike Maatskaplike Dienste Raad (KMDR) wat as 'n netwerk en forum die organisasies op nasionale en internasionale vlak verteenwoordig. Die KMDR is op algemeen-sinodale vlak 'n ruimte waar die organisasies onderling met mekaar skakel en ondersteun die sinodale organisasies met navorsing, inligting, opleiding en koördinering.


Die KMDR bestaan uit:

    NG Barmhartigheidsdiens

    Sinode Hoëveld

    NG Welsyn Noordwes

    Sinode Wes-Transvaal

     SKDBM

      CMR Noord

    Noordelike Sinode

    Christelike Maatskaplike Dienste  

    Kwa-Zulu Natal

    Sinode Kwa-Zulu Natal

    Badisa

    NG kerk Sinode Wes- en Suid-Kaap &

    VGKSA Sinode Kaapland

    NG Maatskaplike Dienste OVS

    Sinode Vrystaat

    CMR Oos-Kaap

    Sinode Oos-Kaap

    NG Welsyn Noord-Kaap

    Sinode Noord-Kaap

    CMR Mpumalanga

    Oostelike Sinode

    CMR Gauteng-Oos

    Oostelike Sinode

    Namibië

    Sinode Namibië


<< Terug na ADD