ADD - Fokusareas

 

Navorsing en die Ontwikkeling van Bedieningsmateriaal

- Die ontwikkeling van missionêr-diakonale gemeentes

Die navorsing word saam met die Algemene Diensgroep vir Gemeente ontwikkeling gedoen. Die doel hiervan is om gemeentes van die NG Kerk te help om hulle roeping in die konteks van Suider-Afrika te verstaan en hulle gemeentepraktyk te transformeer om dié roeping te kan uitleef.

- Die ontwikkeling van ‘n getuienis teen geweld en misdaad

In die projek doen die ADD saam met die ander kerke in die VDDG navorsing oor die kerk se rol in die Suid-Afrikaanse samelewing wat geteister word deur die baie hoë voorkoms van ernstige geweld en misdaad.

- Die bevordering van versoening tussen die kerke asook in die samelewing

Die doel van die projek is om as NG Kerkfamilie in die VDDG na manier te soek om versoening te bedien in ‘n samelewing wat steeds lei aan die gevolge van die vorige apartheidsera. In die projek word ook veral gefokus op versoening tussen die kerke in die NG Kerkfamilie.

- Die bevordering van ekonomiese geregtigheid

Die projek projek is ook ‘n gesamentlike projek van die VDDG en word op drie vlakke bedryf:

      • ‘n navorsingsprojek wat saam die Universiteit van Stellenbosch en die Beyers Naude Sentrum aan die Teologiese Fakulteit van Stellenbosch asook die Evangeliese Gereformeerde Kerk van Duitsland gedoen word wat veral fokus op die Accra Verklaring van World Alliance of Reformed Churches (WARC) wat in 2004 opgestel is.
      • die ontwikkeling van materiaal wat in die gemeentelike praktyk gebruik kan word om lidmate te begelei en toe te rus vir hulle getuienistaak ten opsigte van ekonomiese ongeregtigheid
      • ‘n verder vlak is die MADIP projek (Making a Difference) van die Sendingdepartement van die WARC wat ook daarop fokus om lidmate toe te rus vir hulle getuienis oor ekonomiese ongeregtigheid

- Evangelisasie in die 21 ste eeu

Die navorsing word ook saam met die Algemene Diensgroep vir Gemeente-ontwikkeling gedoen en fokus op die mobilisering van gemeentes. In die projek word riglyne vir die kerke ontwikkeling wat leiding kan gee vir evangelisasie en die vestiging van nuwe gemeentes. Aandag word gegee aan die invloed van kultuur.

- Die bevordering van missionêre vennootskappe

Die doel van die projek is om wyses vir die kerk te ontwikkel oor die benutting van vennootskappe in haar diens- en getuienisbediening.

 


<< Terug na ADD