ADD - Fokusareas


Netwerke en Forums

Die Kerklike Maatskaplike Diensteraad is ‘n forum wat bestaan uit die onderskeie sinodes se maatskaplike dienste-organisasies. Hierdie organisasies lewer kerklike maatskaplike dienste wat bestaan uit vakkundige maatskaplike werk, residensiële- en gemeenskapsorgprogramme en gemeenskapsontwikkelingsprogramme.

Die Vigsforum van die NG Kerk Familie koördineer en ondersteun die MIV en Vigsprogramme van die sinodes van die NG Kerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika, die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa.


<< Terug na ADD