|
Roeping tot Diens en Getuienis Saam met die Verenigende Gereformeerde Kerk in SA (VGKSA), NG Kerk in Afrika (NGKA) en Reformed Church in Africa (RCA) gee die ADD in die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis (VDDG) veral aandag aan die beskrywing van die kerk se getuienistaak in die een en twintigste eeu in Suider-Afrika. Die VDDG glo dat die getuienistaak van die kerk met die konsep “diens en getuienis” beskryf kan word. In die verband het die dokument “Roeping tot Diens en Getuienis” ontstaan wat ‘n teologiese verstaan van die konsep “diens en getuienis” is. Die Diensgroep is tans besig om ‘n reeks Bybelstudies te ontwikkel wat in gemeentes gebruik kan word om die nadenke oor die verstaan van die kerk se getuienistaak te bevorder. ‘n Verder aspek van die projek is om sinodes, ringe en gemeentes te begelei om hulle diens- en getuienisbediening so te integreer dat die eenheid van die kerk daardeur in die samelewing gedemonstreer sal word. Klik hier vir die Roepingsbylae
|