|
Vigsforum van die NG Kerkfamilie
Jongste Nuus: Wêreldvigsdag word op 1 Desember gevier. Die gebruik is vanjaar reeds 20 jaar oud en het by ‘n “World Summit of Ministers of Health on Programmes for Aids Prevention” ontstaan.
Sedertdien het die dag gegroei tot ‘n internasionale geleentheid wat wêreldwyd gebruik word vir bewusmaking rakende MIV en Vigs.
Die Ecumenical Advocacy Alliance wat bande met die Wêreldraad van Kerke het, bevorder die deelname van kerke en geloofsgroepe aan hierdie dag met die tema: “Stop Vigs. Hou die belofte.”
Die Vigsforum van die NG Kerkfamilie roep gemeentes op om op ‘n Sondag net voor of net na Wêreldvigsdag ‘n geleentheid te skep om die dag te vier en gemeentes bewus te maak van die krisis wat ons samelewing bedreig.
Met die oog hierop het die Vigsforum ‘n liturgie en kort preekskets voorberei wat beskikbaar is op die webwerwe van die NG Kerk, VGKSA en CABSA.
Vir meer inligting, klik hier. Information also available in Engels, click here.
Wie is Ons
Die Vigsforum van die NG Kerkfamilie bestaan uit verteenwoordigers van die verskillende sinodes van die NG Kerk, die Verenigende Gereforneerde Kerk, die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa.
Die doel van die forum is - Teologiese besinning oor die kerk se rol ten opsigte van die MIV en Vigspandemie in Suider Afrika
- Om gemeentes, ringe en sinodes van die meewerkende kerke by te staan met inligting oor beleid, strategieë en programontwikkeling
- Om gesamentlike projekte te koördineer
- Om namens sinodes met kerke en ander organisasies op nasionale en internasionale vlak te skakel
Die Goeie Herder-strategie Hierdie strategie beskryf hoe die NG Kerk by MIV en Vigs betrokke wil wees. (AS 2002) Verklaring en verbintenis van die NG Kerk in verband met MIV en Vigs
|