ADGO - ALGEMENE DIENSGROEP VIR GEMEENTE-ONTWIKKELING


ADGO ondersteun gemeentes deur 'n netwerk van dienste en praktiese bedieningshulp te koördineer, bekend te stel en nuwe produkte soos nodig te help ontwikkel. ADGO wil nie dienste wat streeksinodes lewer dupliseer of vervang nie, maar juis uithelp waar kapasiteit benodig word asook sake aanspreek wat van algemene belang is.

 ADGO het dus die volgende ten doel:  
• Geloofsverdieping - Bring gemeentes nader na God
• Inspireer en energeer gemeentes
• Neem ons konteks ernstig en bly relevant
• Koninkryksgerig
• Vier ons Gereformeerde identiteit en diversiteit
• Bemagtig predikante, gemeentes en lidmate

Belydenisaflegging
Ons nooi jou uit om saam te dink oor belydenisaflegging. Klik hier en lees dalk eers die opsomming van die historiese perspektief wat Richard Osmer in sy boek Confirmation geskryf het deur, sodat ons almal vanuit dieselfde vertrekpunt oor die saak kan saamgesels. Aan die einde is ’n kort opsomming van die Teologie van Belydenisaflegging en breë riglyne oor hoe die Teologie ons help om ’n bydrae te maak tot die praktyk van belydenisaflegging vir die toekoms. Rig jou komentaar gerus aan Johan Avenant deur hier te klik.

Tydens die ADGO jaarvergadering is ’n oop gesprek oor die kerk in  Afrika gevoer. Neels Jackson het die gesprek met die volgende gedagtes ingelei: Lees meer >>

Kalender

Fokusareas
Jeugbediening/JONK Liturgie
Liedere & musiek
Kategese
Toerusting en bemagtiging van lidmate
Vrouebediening
Vernuwing en Nuwe Gemeente-ontwikkeling Predikantebegeleiding