Barmhartigheid

> Algemene Sinode
> Hoëveld
> KwaZulu-Natal
> Namibië
> Noord-Kaapland
> Noordelike
> Oos-Kaapland
> Oostelike
> Vrystaat
> Wes- en Suid-Kaap
> Wes-Transvaal
> VGK SA
> NGKerk in Afrika
> RCA

Sondag van Barmhartigheid
Sondag of Maand van Barmhartigheid is ’n ekumeniese gebruik. In Suid-Afrika vier kerke dit veral in Augustus of Oktober. Sedert 2005 vier die familie van NG Kerke dit saam.

Hierdie handleiding is voorberei deur ’n taakspan van die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis van die NGKerkfamilie. Ander kerke is egter welkom om die hulpmiddel te gebruik.

Die taakspan het saamgewerk met die Leesrooster en maak gebruik van die RCL se voorgestelde Skrifgedeeltes en liturgiese voorstelle vir die 15 de Sondag in Koninkrykstyd, 31 Augustus 2008.

Vir sommige gemeentes pas die laaste Sondag in Augustus nie as Sondag vir Barmhartigheid nie. Hierdie gemeentes word vriendelik versoek om op ’n ander Sondag op barmhartigheid te fokus.