Tuisblad
Webbladkaart / Site Map
 

Wie is ons?

   
> Algemene Sinode
> Hoëveld
> KwaZulu-Natal
> Namibië
> Noord-Kaapland
> Noordelike
> Oos-Kaapland
> Oostelike
> Vrystaat
> Wes- en Suid-Kaap
> Wes-Transvaal
> VGK SA
> NGKerk in Afrika
> RCA

Die Algemene Sinode van die NG Kerk bestaan as organisasie uit tien (10) sinodes (streeks-kerke). Nege sinodes is in Suid-Afrika. Die tiende Sinode is in Namibië. Die sinodes se grense volg min of meer dié van die provinsies van die land.

Die 10 sinodes neem verantwoordelikheid vir die werk binne geografiese streke in Suider-Afrika. Die 10 sinodes bestaan uit 1 162 gemeentes wat in 146 ringe saamgegroepeer is met 1 129 207 doop- en belydende lidmate.

Elkeen van die verskillende sinodes het hulle eie sinodale struktuur met ‘n eie sinodale kantoor in die hoofsentrum (dorp of stad) wat daardie betrokke Sinode bedien. (Sien kaart) Elke Sinode het ook jurisdiksie oor hulle eie werksaamhede.

Op die plaaslike vlak is die kerkraad van elke gemeente saam met die gemeentelike leraars (1626 predikante is in diens van die NG Kerk) verantwoordelik vir die pastorale versorging en uitbou van die kerk.

Saam vorm die tien sinodes die Algemene Sinode van die NG Kerk. Die Algemene Sinode het in 1962 tot stand gekom. Die Kantoor van die Algemene Sinode is tans in Pretoria gesetel met ander administratiewe komponente (hoofsaaklik kommunikasie, media en argief) in Bellville, Wellington en Stellenbosch.

Samestelling Algemene Sinode

ALGEMENE SINODE
Vergader elke 4 jaar en weer in 2011
Word saamgestel uit 'n maksimum van 400 afgevaardigdes van sinodes
Funksioneer volgens Artikel 43 van die Kerkorde

MODERAMEN
Hanteer sake tot volgende Algemene Sinode.
Vergader 4 x per jaar.
Bestaan uit die Moderatuur, een verteenwoordiger per sinode, voorsitters van Algemene Diensgroepe, twee ouderlinge, ‘n vroue verteenwoordiger en adviserende lede.

Kliek hier vir die volledige MODERAMEN.

MODERATUUR

Hanteer spoedeisende sake
Bestaan uit die Moderator, Assessor, Aktuarius, Voorsitters van Algemene Diensgroepe Gemeente-ontwikkeling, Diensgetuienis en Administrasie, 'n Addissionele lid en die Algemene Sekretaris


Moderator:
Prof PJ (Piet) Strauss
Tel 051-401-2671
Faks 051-401-3568
E-pos: straussp.hum@mail.uovs.ac.za
Assessor:
Dr CJP (Nelus) Niemandt
Tel 012-420-4016
Tel/faks 011-475-6811
E-pos:
nelus.niemandt@up.ac.za
Aktuarius:
Dr JH (Johann) Ernst
Tel 012-667-3906
Faks 012-667-2969
E-pos: jhernst@tiscali.co.za
Addisionele lid:
Me R (Rinel) Hugo
Tel 012-342-0092 (uitbr 202)
Faks012-342-3803
E-pos: rinelh@ngkerk.org.za
Algemene Sekretaris:
Dr Kobus Gerber
Posbus 13528
HATFIELD
0028
012 342 0092 (k)
012 342 0380 (f)
0828955680
kobusg@ngkerk.org.za
algemenesinode@ngkerk.org.za
Algemene Diensgroep Gemeente-Ontwikkeling
Ds Andre Barlow
Altonasingel 49
FICHARDTPARK
9301
051 522 4492 (h)
084 547 9999
abarlow@lantic.net

Algemene Diensgroep Diensgetuienis
Prof Piet Meiring
Camellialaan 327
LYNNWOOD GLEN
0081
012 348 8236 (h)
083 458 9008
pietmeiring@telkomsa.net
Algemene Diensgroep Administrasie
Dr Johann Voges
Posbus 36430
MENLOPARK
0102
012 361 1537 h
082 579 1122
jvoges@mweb.co.za


[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Diversiteitsforum]