ADGO - ALGEMENE DIENSGROEP VIR GEMEENTE-ONTWIKKELING

 


NEK (Nuwe Gemeente Ontwikkeling/Evangelisasie/Kerkloslidmate)

Die taakspan is belas met die navorsing van en hulp aan gemeentes rakende nuwe gemeente ontwikkeling, evangelisasie en kerkplanting. Navorsing is veral gerig op die vestiging van nuwe gemeentes met ’n nuwe bedieningstyl in snelgroeiende gebiede. ADGO bied in samewerking met fakulteite Verantwoordelike Vernuwingskonferensies aan, waar bestaande gemeentes voorligting ontvang tov vernuwingsprosesse.

Alle belangstellendes op hierdie terrein kan gerus vir Nico Mostert kontak vir meer inligting. Gemeentes wat met projekte begin het wat op die terrein is van nuwe gemeente ontwikkeling of kerkplanting kan gerus ook van hulle laat hoor.

Kontak:

Ds Nico Mostert
084 560 4671
nicom@absamail.co.za

 

FIM (Forum for Intercultural Ministries)

FIM is 'n forum van gemeentes binne die NGK wat interkultureel en multikultureel werksaam is met hoofsaaklik Engels as taalmedium. Die gemeentes wat deel is van die forum bestaan uit Andrew Murray gemeentes wat sedert die 1960's funksioneer, multikulturele gemeentes wat binne tradisionele Afrikaanse gemeentes funksioneer en interkulturele gemeentes waar verskeie kulture saam aanbid. Die forum kom jaarliks, die eerste week in Februarie bymekaar vir 'n vergadering en ope dag. 'n Kwartaalikse nuusbrief word ook aan lede versprei. 'n CD-Rom met liturgieë, formuliere, inligting van gemeentes, 'n woordelys, ens is ook beskikbaar.

Kontak:

Dr Mark Rathbone
FIM verteenwoordiger ADGO
0827710738,
mwmrath@mweb.co.za

Ds Ryk Brink
FIM skriba
0828251233
rykbrink@telkomsa.net

Verdere Inligting:

 


<< Terug na ADGO