ADGO - ALGEMENE DIENSGROEP VIR GEMEENTE-ONTWIKKELING

Predikantebegeleiding

Die Taakgroep: Predikantebegeleidingsien dit as sy opdrag om dieBedieningsvreugde model as uitgangspunt, denkraamwerk en teoretiese raamwerk vir toekomstige bediening aan predikante te laat realiseer. Predikantebegeleiding vind reeds in al die sinodale gebiede op eiesoortige manier in elke unieke konteks plaas en d ie ADGO Taakspan: Predikantebegeleiding fasiliteer die proses van kommunikasie, koördinasie en sinchronisasie sodat holisties aandag gegee word aan die begeleiding van predikante.

Sake waarop gefokus word vir die volgende 3 jaar is:

  • Leierskapsontwikkeling, gekoppel aan die mentorprogram, en wat ook uitgebrei kan word na alle leiers in die kerk.
  • Die vestiging van Plaaslike Versorgings Kommissies/groepe (PVK’s) in elke gemeente. In byna alle gemeente funksioneer reeds Kommissies vir Diensverhoudinge (DVK’s) wat omsien na die organisering van die predikant se werk, maar daar is nog ‘n groot behoefte aan aandag vir predikante se “nie-werk” versorging. PVK’s behoort om te sien na die welsyn van predikante en hulle gesinne.
  • Standplaasverwisseling. Hierdie meganisme vir mobiliteit sal verder uitgebou en benut word.
  • Voorsiening van predikante in die toekoms. Dringende aandag sal gegee moet word aan die projeksies vir die behoefte en beskikbaarheid van genoeg predikante in die kerk.
  • Brugpastors. Opgeleide spesialiste wat korter termyn hulp verleen in tye van transito en gemeentes begelei om weer te kan beroep.
  • Predikantebegeleiding binne ’n herenigde kerk bied nuwe uitdagings en sal aandag moet kry.

Die kommunikasie, koördinasie en sinchronisasie van wat in de onderskeie streeksinodes plaasvind gebeur jaarliks tydens ’n werkswinkel vir al die streke se predikantebegeleiers.

Kontak:
Dr Theo Swart
021 919 6511
083 457 1647
theo@uitsigkerk.co.za

Verdere Inligting


<< Terug na ADGO