ABID LOGO - Arigief en bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk
ABID is die moderne, gerekenardiseerde argief en bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk, en is geleë in die pragtige Stellenbosch. Ons by ABID staan gereed om jou as saakgelastigde, navorser en die kerk tot diens te wees.

To view services, databases and official documents in English, click on the upper right-hand English button.

Bullet Hulp aan saakgelastigdes
ABID bied aan saakgelastigdes en ander kerkkantoor personeel die volgende:
  • hulp met bewaring, vernietiging en sortering van dokumente in eie kerkkantoor
  • opleiding van kerkkantoorpersoneel
  • hulp met opstel van inventaris
  • hulp met kerkorde-bepalings
  • kopiereg van Liedboek- en ander liedere
  • nog meer ... kliek hier.
Bullet Opleiding
Opleiding word aan saakgelastigdes verskaf om optimaal in kerkkantore te funksioneer. Om opleiding te reel kontak die Direkteur, ABID.
 
Bullet Besluite en amptelike stukke
Soek jy na besluite deur die Algemene Sinode van die NG Kerk? Of soek jy na reglemente of bepalings in die kerkorde? Vir die volledige Kerkorde 2004 kliek hier, of lees die inhoudsopgawe kliek hier.
 
Bullet Navorsers - ABID, jou toegang tot inligting
Gerekenariseerde soektogte in ons databasisse van foto-, dokumente-, koerantknipsels-, verhandelinge-, tydskrifte-versamelings en nog baie meer, sal jou taak vergemaklik. Kliek hier.
 
Bullet Genealogie
Geen genealogiese navorsing kan by ABBID gedoen word nie.Vir genealogiese navrae kontak die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika. Besoek hulle gerus by www.gisa.org.za
 
Bullet Predikante
Hierdie databasis word opgebou om biografiese en ander inligting van die NG Kerk se leraars te bevat. Kyk of jou biografiese inligting volledige is. Kliek hier.
 
Bullet Foto-museum
Elke foto vertel ‘n verhaal. Interessante fotos uit ons museum en versamelings. Kliek hier.
Bullet Inlig-Aktueel
Al die jongste nuusgebeure uit al die plaaslike koerante soos Beeld, The Star, Die Burger, Citizen, Rapport, Volksblad, ens. oor die kerk en ons leefwêreld word weeklik hier geplaas. Dit kan ook direk elke week aan jou per e-pos gestuur word. Kliek hier.
 
Bullet Gemeentes
Opdatering is in proses ... kliek hier.
 
Bullet Geloofsdokumente
Stormkompas, Karios-dokument, Cottesloe- en Broeder-kringverklaring van 1979, Geloofsverklaring 2000 en vele meer.
 
Bullet Belydenisskrifte en formuliere
Op soek na 'n huwelik- en ander formuliere, die Twaalf Artikels, die Heidelbergse Kategismus of die Belydenis van Belhar? Kry dit hier... ook in Engels!
 
Bullet Ringskribas
Hier is ’n kontrolelys van wat jy alles by die argief moet inhandig. Kliek hier.
 
Bullet Elektroniese vorms beskikbaar
Waar kry ek dit? Kliek hier om te kyk.
 
Bullet Hulp met wet: Toegang tot inligting

Ons help sinodale kerkkantoorpersoneel, ringskribas en saakgelastides met die Wet op Toegang tot Inligting (Wet nr 2 van 2000) en die Erfeniswet. Kliek hier.

 
Bullet Waar het ek dit gelees?
Het jy ‘n artikel gelees en kan nie meer onthou in watter uit-gawe dit was nie? Ons gerekenariseerde databasis van Skrif en Kerk (Verbum et Ecclesia), die Kerkbode, (Voor)Lig(ter) en NGTT kan jou in jou soektogte help. Kliek hier.
 
Bullet Aangename kennis
Ontmoet die personeel van ABID. Kliek hier.
Johan Froneman Posbus 34
Stellenbosch
7599
Tel: 021 882 9923
Faks: 086-617-5961/2/3
E-pos: ngkinlig@mweb.co.za
Kerkargiefgebou
Noordwal-Wes 1
Stellenbosch 7600
Die reg van voorsiening van inligting word onder andere deur die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (nr 2 van 2000) bepaal. Die korrektheid van inligting wat voorsien word, berus op die primêre bronne wat by die versamel van die inligting gebruik word.
Meer oor ABID ABID personeel Kontak ons Vrywaring Wet op Inligting Indeks A-Z Soek
Kopiereg voorbehou ABID 2006 © Opgedateer op 15 Januarie 2008. Inlig-Aktueel word weekliks opdateer.