By ABID word die voorraad in versamelings gegroepeer, bv. Gemeente-, Rings-, en Sinodeversamelings; of ook die predikante-inligting-, foto- en knipselversamelings. Hierdie versamelings word rekenaarmatig as databasisse vir opsporingsdoeleindes ontsluit, maar ook vir toegang tot die inligting wat in die versamelings opgesluit is. Die materiaal kan SLEGS by die Argief gebruik word. Inligting kan as fotokopieë, of in elektroniese formate beskikbaar gestel word. Afsprake moet vroegtydig by ABID gereël word - tel 021 882 9923 of epos marsha@abid.co.za.

To view services, databases and official documents in English, click on the upper right-hand English button.


Bullet  Volledige onderwerpe beskikbaar
Die volgende Sinodebesluite en ander onderwerpe waaroor reeds by ABID navraag gedoen is, kan per e-pos aangevra word. klik op die relevante onderwerp hier onder.
Bullet Genealogie

GEEN genealogiese navorsing word by die Argief van die NG Kerk gedoen nie. Alle doop-, huwelik- en lidmaatregisters (oorspronklik sowel as afskrifte)  wat deur gemeentes by ABID vir bewaring ingehandig is, is reeds verfilm of is in die proses van verfilming.  Volgens ‘n amptelike ooreenkoms wat met die  Genealogiese Instituut van Suid-Afrika gesluit is, is alle mikrofilm aan GISA oorhandig, en word ALLE genealogiese navrae na GISA verwys. Vir verdere inligting besoek hulle gerus by www.gisa.org.za.

 
Bullet  Ander Argiefversamelings van die NG Kerk
Die argiefversamelings van die sinodes van KwaZulu-Natal, Oranje-Vrystaat, en Namibië word in drie ander sentra bewaar en beskikbaar gestel vir inligting- en navorsingsdoeleindes. Navrae met betrekking tot hulle versamelings word direk aan Bloemfontein, Pietermaritzburg en Windhoek gerig:

KwaZulu-Natal
Argief en Inligtingsdienste: Posbus 649, Pietermaritzburg 3200, tel/faks 033-345-2279, e-pos argief@ngknatal.org.za

Namibië
Argief en Inligtingsdienste: Navrae by die Algemene Sekretaris: Ds C Marais, Posbus 389, Windhoek, Namibië, tel (+264-61) 374350 (k), (+264-61) 24-1811 (h), faks (+264-61) 22-7287, e-pos clem@ngkn.com.na

Vrystaat
Argiefbeampte (Vrystaat): Mev C Botes, Posbus 398, Bloemfontein 9300, kontaknr 051-406-6724, e-pos
inlig@ngkerkovs.co.za

 
Bullet  KernDataBasis vir predikante en proponente

Die KernDataBasis Predikante en Proponente, wat deur ABID ontwikkel en instandgehou sal word, is feitlik voltooi. Hierdie alfabetiese lys bestaan uit die gelegitimeerde Predikante en beroepbare proponente van die NG Kerk en is die konsolidering van die Predikante-databasis van ABID en data wat in Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 2008 verskyn. Dit sluit in ‘Bevestigde leraars van die NG Kerk’; ‘Predikante/kapelane verbonde aan die SAPD, Dept Korrektiewe Dienste en SANW’; ‘Beroepbare predikante aangemeld by Algemene Regskommissie voor 30 Junie 2007'; ‘Beroepbare proponente aangemeld by Algemene Regskommissie voor 30 Junie 2007'; ‘Gelegitimeerdes van die NG Kerk in voltydse diens in kerke in die buiteland’; ‘Afgestudeerde teologiese studente November 2007'; en ‘Emeriti’.

Die inligting wat op die tuisblad van ABID verskyn, is spesifiek soos per ooreenkoms met Bybelmedia. Die inligting vervat in die KernDataBasis Predikante en Proponente is geslote en alle inligting word as Absoluut Vertroulik beskou. Vir 'n soektog, klik hier.

Die instandhouding van die KernDataBasis Predikante en Proponente word daagliks gedoen; eerstens aan die hand van inligting wat op die Amptelike Blad van Kerkbode verskyn, maar ook van inligting uit die onderskeie Sinodebriewe wat weekliks uitgestuur word.

Vir die opdatering van Predikante en Proponente word versoek om opdaterings en regstellings van hul inligting per e-pos aan ABID deur te stuur. Indien u nog nie ‘n Biografiese Vraelys (vir Dr Dirk Viljoen) ingevul het nie, sal ons dit waardeer as u die vorm hier aflaai en invul en aan ABID deurstuur.

 
Bullet  KernDataBasis van Gemeentes van die NGKerk

Die KernDataBasis Gemeentes, wat deur ABID ontwikkel en instandgehou sal word, is feitlik voltooi. Hierdie alfabetiese lys bestaan uit die name van huidige gemeentes, gekoppel aan bepaalde sinodes en ringsindelings en is die konsolidering van die Gemeente-databasis van ABID en data wat in Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 2008 verskyn. Die volgorde in die gemeentelys sluit ook die name van ingelyfde of gekoppelde gemeentes in, asook gemeentename wat verwarring skep, verander het of saamgesmelt het. Soek hier.

Die instandhouding van die KernDataBasis Gemeentes word daagliks gedoen; eerstens aan die hand van inligting wat op die Amptelike Blad van Kerkbode verskyn, maar ook van inligting uit die onderskeie Sinodebriewe wat weekliks uitgestuur word, en van inligting wat uit die gemeentes self ontvang word.

Vir die opdatering word gemeentes versoek om veran-deringe en regstellings van hul inligting, na voorbeeld van die Jaarboek, aan ABID deur te stuur.

Bullet Kerkbode

Kerkbode - Vandag se Kerkkoerant vir vandag se kerkmense -  is by ABID ontsluit vanaf 1992. Vir navrae oor bepaalde artikels, of vir berigte oor ‘n bepaalde onderwerp wat in Kerkbode verskyn het klik hier:

Die navraagfunksie van die Elektroniese Kerkbode is ook beskikbaar vir navrae vanaf 2003.


  SOEK 
Kopiereg voorbehou ABID 2006 © Opgedateer op 15 Januarie 2008. Inlig-Aktueel word weekliks opdateer.