Ons by ABID - die Argief en Bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk - bied 'n wye verskeidenheid dienste aan die leraars, skribas en saakgelastigdes en amptenare van die NG Kerk. Die dienste sluit ook inligting- en navorsingshulp aan lidmate en die publiek in.
To view these services in English, click on English.
|
| ABID (Argief en Bestuursinligtingsdienste), lewer as opdrag die volgende: |
| |
Vir die bewaring, elektroniese ontsluiting en beskikbaarstelling van die inligtingstukke en dokumente van die Algemene Sinode, en van die gemeentes, ringe en kommissies van die sinodes van Wes-Transvaal, Noordelike Sinode, Sinode Hoëveld en Oos-Transvaal; Suid-en-Wes-Kaapland; Noord-Kaapland en Oos-Kaapland en die VGK; asook vir die bewaring van biografiese en geskiedkundige materiaal met verwysing tot die NG Kerk.
Vir meer inligting, kontak ABID.
|
Vir hulp en advies aan Saakgelastigdes in gemeentes se kerkkantore mbt die administrasie van lidmate, aangesien die oorspronklike, sowel as afskrifte van doop-, lidmaat- en huweliksregisters van die gemeentes van die genoemde sinodes by ABID bewaar en vir administratiewe kontrole gebruik word.
Vir meer inligting, kontak ABID. |
| |
'n Bestuursdiens word voorsien aan Saakgelastigdes wat hulp met die inrig, administrasie en hantering van gemeentelike kerkkantore insluit. Opleiding, met 'n praktiese module oor die Wetgewing op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) en die Erfenis-wet (Wet 25 van 1999), word aan die hand van die goedgekeurde handleiding gereeld aan Saakgelastigdes aangebied. Die handleiding, "Riglyne en Prosedures vir Saakgelastigdes"deur dr Johan Froneman, is by die Argief beskikbaar.
Vir meer inligting, kontak ABID. |
INLIGTINGSDIENSTE |
| |
- 'n bestuursinligtingsdiens vir die voorsiening van bestuursinligting uit ABID databasisse wat deur leraars en amptenare in die NG Kerk gebruik word;
- 'n navorsingsdiens vir hulp met navrae, inligting en navorsing aan leraars, studente en navorsers binne die parameters van ABID en die NG Kerk; en
- die lewering van 'n e-nuusdiens van koerantberigte uit dagblaaie wat spesifiek oor die NG Kerk, die Kerk en relevante sake handel. INLIG-AKTUEEL word weekliks per e-pos aan leraars, kerkkantore en ander belangstellende op aanvraag gestuur.
Vir meer inligting, kontak ABID. |
|
| Kopiereg voorbehou ABID 2006 © |
|