<%@LANGUAGE="VBSCRIPT" CODEPAGE="1252"%> ABID - Dienste
ABID LOGO - Arigief en bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk
Al die jongste nuusgebeure uit al die plaaslike koerante soos Beeld, The Star, Die Burger, Citizen, Rapport, Volksblad, ens. oor die kerk en ons leefwêreld word weeklik hier geplaas. Dit word elke week opgedateer, sodat jy op hoogte van al die nuus kan bly. Vorige weke se nuusgebeure word onder nuus-argief gebêre, sodat jy dit altyd weer kan naslaan. Jy kan ook die volledige nuusberig aanvra van ABID aanvra.

Hierdie berigte kan ook elke week direk aan jou per e-pos gestuur word - teken net in.


INLIG AKTUEEL 5/2007 - VIR DIE TYDPERK 9 - 15 FEBRUARIE 2007
 
Bullet Nuus - NG Kerk
K29954: Ring van saam werk;
Eikestad, 09.02.2006, p 8, Dr Johan van der Merwe
Mense is siek en sat vir oppervlakkige vertoon en leë beloftes. En laat die kerk ook maar ‘n slag hand in eie boesem steek en erken: Ons is dikwels beter met praat as met doen. ‘n Mens sou daarom verstaan as iemand die vereniging van die ringe van die NG Kerk en die VG Kerk op Stellenbosch einde verlede jaar met agterdog sou bejeën en ‘n wag-en-kyk-houding daarteenoor sou inneem. Immers, die afgelope 50 jaar se geskiedenis lyk nie goed nie. Die kerk is ooglopend aandadig daaraan dat ons nie kon sien wat God vir ons wou laat insien nie. Van die "nuwe mensheid", ‘n alternatiewe gemeenskap, ‘n ruimte van reg en geregtigheid, van vergifnis, genesing en hoop, het weining tereggekom...

K29955: God en ruk-en-rol;
Rapport (Perspektief), 11.02,2007, p 6, David Kahts
Musiek is een van die mees mistieke dinge in die menslike bestaan. Die uitwerking wat musiek op die menslike psige het, is amper net so onpeilbaar soos die lewe self Net soos wetenskaplikes worstel met die geheime agter die ontstaan van die heelal, so kan die uitwerking van musiek op die menslike gemoed nie op enige logiese manier verklaar word nie... Die wêreld is ‘n woeste plek en in vandag se era van angs en frustrasie hunker die mens na nuwe helde. Terwyl talle Afrikaners vir De la Rey op sy wit perd wag, kyk ek maar uit die hoek van my oog of ek nie iewers Jesus op sy donkie gewaar nie.

K29956: Tyd vir ‘n nuwe bevrydingsteologie;
Rapport, 11.02.2007, p 3, Pieter van Niekerk
Die wiel het gedraai: Dit is nie die 1980's - toe die meeste kerke teen apartheid geprotesteer het - nie. Dis die 21ste eeu, en ook die NG Kerk het geen ander keuse as om sy profetiese stem oor misdaad en die onreg daarvan te laat hoor nie...

K29963: NGK moet besin oor kuberruim;
Die Burger, 14.02.2007, p 9, Le Roux Schoeman
KAAPSTAD - Die uitdagings wat die internet aan die NG Kerk bied, sal waarskynlik kwaai deurtrap word by die algemene sinode in Junie vanjaar, volgens twee van die mees senior figure in dié kerk. Beide dr Coenie Burger en ds Johann Symington, onderskeidelik moderator en direkteur van kommunikasie van die NG Kerk, meen die teenwoordigheid van die kerk in die kuberruim het sigself onverwags die afgelope paar weke teen die kerk se agenda op gepaalspring...

Bullet Nuus - Plaaslik
K29967: Kerk se plaas eerste in SA wat onteien word;
Die Burger, 15.02.2007, p 5, Marietie Louw-Carstens
PRETORIA - Die regering sal oor ‘n maand die eerste plaas ind ie land wat weens ‘n grondeis onteien is, in besi tneem. Die Pniel-plaas in die Noord-Kaap is die eerste eiendom in die land wat ingevolge art 42E van die Restitusiewet nr 22 van 1994 onteien is. Die plaas het aan die evangeliese Lutherse kerk behoort en die regering het verlede week aangekondig dat die grond onteien is. Dit beslaan 25 200 ha grond en is naby Barkly-Wes, sowat 20 km noord van Kimberley, geleë...

K29950: US ‘wil morele basis van Afrikaanse help herstel’;
Die Burger, 09.02.2007, p 7, Gerrit Brand
STELLENBOSCH - "Die Universiteit Stellenbosch (US) se strategiese raamwerk skep die nodige ruimte vir die herstel van die morele basis van Afrikaans. Ons gaan dit nou operasionaliseer, dit wil sê praktyke daaruit skep." Só het prof Russel Botman, rektor van die US, sy "perspektief op Afrikaans" uitgestippel in sy Johan Combrink-gedenklesing. Vroeër die dag het hy die daad by die woord gevoeg toe hy op die gedienkdiens vir mev Adelaide Tambo sy bydrae in Afrikaans gelewer het...

K29966: Herstel morele kompas;
Die Burger, 09.02.2007, p 16, Clement van der Walt, Strand
Misdaad verswelg Suid-Afrika. Regeringslede blameer die bose apartheid se erfenis, soos armoede. Dit rym nie. Armoede veroorsaak wel klein misdaad soos opportunistiese diefstal, maar dis gerig binne die totale misdaadtoneel.... Maar om die gety te draai, moet die grondoorsake pro-aktief aangepak word...

K29964: Jansen sit pot halfpad mis;
Die Burger, 14.02.2007, p 18, Felix Meylahn, Port Elizabeth
Prof Jonathan Jansen se artikel (DB, 8/2) oor die geweld wat die norm geword het omdat Suid-Afrikaanse ouers hul kinders slaan, het my ontstel omdat dit die pot halfpad mis sit. Nee, ek slaan nie my kinders of my vrou nie en ek gee hom gelyk dat kinder- en vrouemishandeling ‘n probleem is, wat ongelukkig deur Bybelvaste Christene vererger word. Maar om dit saam met die gewelddadige verlede as die kern van ons huidige probleem te bestempel, is om verantwoordelikheid te ontduik....

K29951: Die verbode preek wat al die moeilikheid veroorsaak het;
Die Burger, 09.02.2007, p 2
Dr Allan Boesak wou Woensdag op versoek van die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad die preek gelewer het by ‘n gedenkdiens vir die ontslape mev Adelaide Tambo. Aartsbiskop Njongonkulu Ndungane het ná druk uit ANC-geledere Boesak versoek om terug te staan... Dis goed dat ons vandag hier in die teenwoordigheid van God bymekaar is, want dit gee ons die geleentheid om die lig te laat val op dinge wat in die stortvloed van politieke eerbewyse vir mamma Tambo maklik vergete kan bly. Vir vandag se dankdiens vir hierdie mees merkwaardige vrou was daar vir my net een teks: die verhaal van Rispa. Ds ‘n haas onbekende, maar aangrypende verhaal oor een van die moedigste vroue, en vir my een van die grootste helde (manne ingesluit) uit die Hebreeuse Bybel...

K29965: Ma’ Tambo sou trots wees;
Die Burger, 14.02.2007, p 18, Katherine Rautenbach, Kleinmond
Ek verwys na dr Allan Boesak se "verbode" preek (DB, 9/2). Dit is ‘n wonderlike preek, Ek is so bly die ANC het dit afgekeur, want nou kan baie meer mense daardeur geraak word....

K29958: ‘Verbode’ preek gepas vir Tambo;
Die Burger, 10.02.2007, p 14, Koos Coetzee, Bellville
Ek verwys na dr Allan Boesak se "verbode" preek wat hy by die gedenkdiens vir mev Adelaide Tambo sou gelewer het (DB, 9/2). Toe ek dit lees, het ek besef hoe gepas dit was met verwysing na die lewe van Ma’Tambo...

K29952: Vyf van ANC het glo Boesak se preek gekeer;
Die Burger, 09.02.2007, p 2, Anesca Smith en Jan-Jan Joubert
KAAPSTAD - Die soektog is aan die gang na die vyf ANC-lede wat druk geplaas het op personeel by die St George-katedraal om te verhinder dat dr Allan Boesak ‘n gedenkdiens lei vir wyle mev Adelaide Tambo.... Boesak, assessor van die VGK se algemene sinode, het gister self ‘n uitdaging aan hulle gerig om na vore te tree.... Volgens Boesak is hy oortuig deur die ANC se hoofkantoor dat hulle nie bewus was van die vyf se optrede nie...

K29961: Boesak kap ANC ná Tambo-diens;
Beeld, 08.02.2007, p 2, Anesca Smith
KAAPSTAD - Dr Allan Boesak het die ANC gister ná ‘n gedenkdiens vir wyle me Adelaide Tambo gewaarsku dat hy nie die indruk moet skep dat die party geen ruimte het vir mense met "sterk geloofsoortuigings" nie...

K29953: Boesak kook oor ANC-afjak;
Beeld, 06.02.2007, p 6, Jan-Jan Joubert
KAAPSTAD - ... ‘n Seergemaakte Boesak het gisteraand sy hart oopgemaak oor sy behandeling nadat Ndungane hom Saterdag gevra het om die diens te lei...

K29960: Aan bome opgehang;
Die Burger, 13.02.2007, p 12, HJ van den Berg, Astonbaai
Na aanleiding van Allan Boesak se huldeblyk aan Adelaide Tambo wil ek hom net wys op die foutiewe bewering dat koning Dawid Rispa se twee seuns en die ander aan kruise vasgespyker het. Hulle is aan bome opgehang. Kruisiging was ‘n Romeinse manier van teregstelling, nie ‘n Joodse een nie.

K29962: Leraar blêr(k) ook;
Beeld (Wes), 09.02.2007, p 2
Dr Allan Boesak het Sondag by die Rant en Dal Gemeenskapskerk die erediens behartig. Ds Jannie Pelser, leraar by die gemeente, het die verrigtinge afgeskop deur sy eie verwerking van Bok van Blerk se "De la Rey" te sing. Dit het groot toejuiging van die gemeentelede ontlok...

K29959: Kerk vat ‘losbandige’ priester hof toe:
Die Burger, 10.02.2007, p 6, Llwellyn Prince
KAAPSTAD - Die Rooms-Katolieke aartsbisdom hier wil een van sy priesters uit dié kerk skop nadat klagtes van beweerde losbandigheid en spandabelheid teen dié geestelike ingedien is....
 
Bullet Namibië
Republikein, 12.02.2007, Ronelle Rademeyer
Ondanks ‘n baie klein opkoms Donderdagmiddag by die NG Kerk in Namibië (NGKN) se oop gesprek oor sy onlangse omstrede standpunt oor homoseksualiteit, is predikante meegedeel dat baie lidmate hieroor uit die kerk “bedank” het. Uit die sienings van die handjievol belangstellendes wat daar was om hul stem te laat hoor, het dit geblyk die meeste stem nie met die Namibiese sinode se standpunt saam nie. Een gespreksgenoot het selfs aangevoer die kerk het baie lidmate as gevolg hiervan verloor – bewering wat die ringe opdrag gaan kry om te ondersoek.

Die NGKN het op sy sinodevergadering in Oktober verlede jaar ferm standpunt oor homoseksualiteit ingeneem. Dit het wyd opslae gemaak en tot warm woordestryd gelei wat op die briewebladsye van koerante neerslag gevind het.

Kortliks behels dit dat die kerk homoseksuele verwelkom as lidmate, ouderlinge, diakens en selfs predikante. Dit is mits hulle in "reinheid voor God lewe", wat beteken hulle moet selibaat wees.

Met dié stap praat die kerk nie homoseksualiteit goed nie, maar sê dat hy nie anders kan as om die werklikheid van mense met homoseksuele oriëntasie te erken en te aanvaar en sy pastorale plig teenoor hulle uit te voer nie, het ds. Thijs van der Merwe, redakteur van die kerkblad Sinodebode, vroeër aan Republikein verduidelik.

Ondanks die hewige debat wat dit ontketen het, word die NGKN se standpunt allerweë as toonaangewend binne die groter NG kerk gesien. Die rede daarvoor is dat die algemene sinode van die NGKN se moederliggaam in Suid-Afrika waarskynlik eers tydens die sinodesitting in Junie vanjaar amptelik standpunt oor homoseksualiteit sal formuleer.

"Sommige navorsing vanuit die menswetenskappe wys onder meer daarop dat mens se seksuele oriëntasie, hetsy heteroseksueel of homoseksueel, so wesentlik deel van sy identiteit en selfbewussyn is dat dit net so min kan verander, ontgroei of afgelê word as wat mens se ras of geslag deur psigiese prosedures kan verander," lui die NGKN se standpunt.

Dit was duidelik uit die oop gesprek dat daar lidmate is wat meen niks is voor God onmoontlik nie en dat homoseksualiteit deur gebed genees kan word asof dit siekte is.

Ds. Schalk Pienaar, moderator van die NGKN, het die komitee wat die standpunt help formuleer het, versoek om nader inligting te verskaf oor die wetenskaplike bronne wat hulle in hul ondersoek geraadpleeg het. Voorts het dit geblyk dat die verskillende maniere waarop lidmate die terminologie verstaan wat in die stadpunt gebruik is, dit verder in omstredenheid gedompel het. Ds. Pienaar het daarom versoek dat die komitee ook dié kwessie bekyk.

Een gespreksgenoot het volgehou iemand wat iets met homoseksualiteit te make het, in der ewigheid nooit in die ampte kan dien nie. Hy sê hy kan homoseksuele mense nog in die erediens duld, "…maar dan moet hy net ver van my af sit." Ds. Clem Marais, algemene sekretaris van die NGKN, het agterna gesê om na mekaar te luister kan inderdaad veel vrug dra. “Mits die gespreksgenote in liefde ‘n openheid het om te hoor. Daar is oënskynlik sommiges wat willens en wetens verkies om nié te hoor nie.”
Bullet Namibië
K29957: Vaagheid oor Palestyne se Mekka-besoek;
Rapport (Perspektief), 11.02.2007, p 2, ZB du Toit
Niemand weet presies wat die magtige koning in die mou voer nie. Daarom word elke skuif van koning Abdoella van Saoedi-Arabië boonop sonder uitsondering in ‘n waas van geheimsinnigheid gehul, die bron van ‘n duisternis bespiegelinge, vertolkings en ontledings. Soos juis nou weer met die koning se besluit om die leiers van die strydende Palestynse faksies na Mekka te ontbied vir dringende oorlegpleging...
 
  SOEK 
Kopiereg voorbehou ABID 2006 © Hierdie webtuiste is laas opgedateer op 19 Julie 2006