Die kerkkantoor is die hartklop van die gemeente. ABID wil jou as saakgelastigde help om hierdie hart warm te laat klop.

Bullet Opleiding aan saakgelastigdes
ABID bied volledige opleiding aan die saakgelastigdes van gemeentelike kerkkantore. Saakgelastigdes kan, binne ringsverband, met die Direkteur: ABID reël vir opleiding en ‘n praktiese werksessie. Doen navraag.
 
Bullet  Bestel handleiding
Die goedgekeurde handleiding “Riglyne en Prosedures vir Saakgelastigdes”, uitgegee deur ABID, word tydens die kursus deurgewerk. Die 4de hersiene uitgawe 2005 kan by ABID bestel word.
Sien inhoudsopgawe   Bestel handleiding
 
BulletDie Kerkorde Algemene Sinode 2007
Klik hier vir die volgende Reglemente:
2.2 Die Reglement vir die Hantering van Argief- en Museummateriaal
2.3 Reglement vir die Hantering van Registers
18 Die NG Kerk en ander Christelike Kerke en Groepe
 
Bullet  Kerklike fees- en biddae
Beplan jul gemeentekalender hiervolgens vir 2009/2010. Tans onder konstruksie.
 
 Bullet  Diensverhoudinge
Die Bestuursgids vir Diensverhoudinge in die NG Kerk bied praktiese riglyne om 'n doeltreffende Diensverhoudinge bestuursfunksie in die NG Kerk te vestig. Hier kan jy alles leer van dienskontrakte tot prestasie-maatstawwe. Klik vir die Bestuursgids.
 
Bullet  Vorms elektronies beskikbaar
Kliek op die betrokke dokument om dit te besigtig.
Attestaat - Engels
Beroepsbrief - Voorbeeld
Doopsertifikaat Afskrif - Engels
Lidmaatskap Verklaring
Rektifikasievorm
 
Bullet Outeursreg
Gemeentes moet 'n lisensie hê om die Liedboek te projekteer en ander liedere te gebruik. Klik hier.
 
Bullet Lidmaatskap oor gemeentegrense
Hoe om NG lidmate wat oor gemeentegrense heen eredienste bywoon se lidmaatskap te hanteer, klik hier
 
Bullet Lidmaatskap van ander kerke
Hoe hanteer jy persone wat van ander kerke kom en lidmate van die NG kerk? Klik hier.
Bullet Liasseerstelsels
Hoe om ‘n effektiewe liasseerstelsel vir die kerkkantoor met min moeite tot stand te bring. Klik hier
 
Bullet Kerklike Registers
Vir inligting om die verskillende registers te skep, dit by te hou, in te vul en rektifikasies aan te bring, asook die standaard afkortings vir registers, klik hier.
 
Bullet Kerklike Afkortings
Kerklike afkortings is soms baie verwarend en word ook dikwels verander. Weet jy, byvoorbeeld, wat beteken afkortings soos AJK, SKLAS, RKDB, ens? Om die volledige lys af te laai, klik hier. Vir soektogte, klik hier.
 
Bullet Bewaring en vernietiging
Die proses van vernietiging of bewaring van dokumente in die kerkkantoor klink baie moeilik maar hier is inligting om jou daarmee te help. Klik hier
 
Bullet Inventaris van kerkkantoor

Vir volledige inligting om die inventaris van die inhoud van die kerkkantoor op te stel en by te hou om te voldoen aan die vereistes van die wet op inligting (Wet 2 van 2000), klik hier.

Lys van gemeentes wat reeds inventarisse voltooi het
Inventarisvorm
Handleiding
Inligtingstuk
Kostebylae
Appélvorm
Vorm C
Webblad: Menseregte Kommissie

 
Bullet Ander sake
Vir spesifieke inligting aangaande jou sinode se riglyne
   oor salarispakkette van leraars, kontak jou sinode.
 
Bullet Nog meer hulp
As jy steeds nie kry wat jy soek nie, kan jy ABID direk kontak vir verdere hulp by:
Tel: 021 882 9923 - Faks: 021 882 9926
Epos: ngkinlig@mweb.co.za of johanf@abid.co.za
 
  SOEK 
Kopiereg voorbehou ABID 2006 ©