|
BEGROTING, MINISTER VAN LANDBOU VERSTOM BOERE Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het gister in Kaapstad op ’n mediasessie voor sy begrotingsrede gesê die tolgeld sal van 30 April gehef word. Die verhoogde brandstofheffing sal van 4 April betaalbaar wees. Gordhan se begroting gaan Suid-Afrikaners in die hoër inkomstegroepe die hardste slaan en bevat ’n reeks verrassings. Sien LEES MEER. Die begroting is positief ontvang in die media. Beide Beeld en Die Burger se hoofartikels beskryf dit as ’n toonbeeld van hoe gesonde staatsfinansies behoort te lyk. Lees meer by http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Gordhan-se-voorbeeld-vir-die-res-20120222. Intussen berig Volksblad dat verstomde landbouleiers op AgriSA se beleidskongres in Stellenbosch nie ’n snars kon uitmaak van wat die minister vir landbou probeer sê het nie. Die skakel na die berig is by LEES MEER onderaan.
|