OM GOD IN DIE WOORDE VAN N KIND TE SIEN

In vandag se Die Burger het Wilhelm Jordaan dit oor die verskillende maniere waarop mense oor God praat.

Daar  is die ooreengekome, die konvensionele, manier van praat oor God - soos gevind in tradisiegedrewe geloofsbelydenisse en kategismus-preke; as’t ware die amptelike kerkspraak oor God. Dié soort uitings help mense om die “regte”, algemeen aanvaarde, dinge oor God te sê.

Mense se persoonlike spraak oor God, verduidelik hy, werk anders; dit het 'n kreatiwiteit wat dikwels "onkonvensioneel" is. Soveel so dat dit ’n kosbare, vertroostende beskouing oor mense se belewenis van Goddelike teenwoordigheid kan wees. Lees gerus meer.

Om God in die woorde van ’n kind te sien

2012-02-14

Kan die verskille in mense se praat oor God beter begryp word?

Volgens die filosoof Paul van Buren kan ons praat oor God voorgestel word as voortdurende bewegings op ’n reuse-taalplatform. In die middel van die platform is die ooreengekome, die konvensionele, manier van praat oor God.

Dit sluit dinge in soos tradisiegedrewe geloofsbelydenisse en kategismus-preke; as’t ware die amptelike kerkspraak oor God. Dié soort uitings help mense om die “regte”, algemeen aanvaarde, dinge oor God te sê. Wanneer ’n mens meer persoonlik oor God praat en sy teenwoordigheid intens soek of beleef (soos dit in die Psalms en in sommige gedigte van Totius gebeur), beweeg jy weg uit die middelgebied na die “rande van taal”. Hier op die “rande” is die “reëls” oor dit wat sin maak, nie so duidelik nie – juis omdat kreatiwiteit nie die middelgebied se konvensies gehoorsaam nie.

Dit op sigself is nie skadelik nie – solank ons begryp kinders én volwassenes se geloofstwyfel gebeur dikwels omdat tradisionele kerkspraak as leeg en verbeeldingloos beleef word. Juis dan is daar weer bewegings na die rande van taal – gevoed deur ’n hunkering na iets meer.

Lees die artikel by http://www.dieburger.com/Rubrieke/WilhelmJordaan/Om-God-in-die-woorde-van-n-kind-te-sien-20120214

jordaanw@netactive.co.za

Pretoria

- Die Burger

 

Kommentaar:

U naam:
U e-pos adres:
U kommentaar:
 
380 karakters oor.
 
Verander Prent
  Tik die karakters wat in die prent hierbo vertoon


vMDubWwWJ
2013-01-20
car insurance quotes rewu car insurance rates hvl cheap car insurance 10433 auto insurance 2467