ANC: VRYHEID VAN GEWETE IN GEDRANG

Mens weet nie of dit die media is wat nou hierdie saak buite verhouding uitbuit nie, maar dit is darem erg verontrustend dat daar sedert gisteraand in al die SA-media berig word dat die ANC optrede beplan teen sy lede wat in die parlement buite stemming gebly het toe daar oor die Inligtingswet gestem was.

Volgens Beeld  het die ANC gister die volgende waarskuwing uitgereik:  “Die optrede van kamerade soos prof. Ben Turok, wat hul besware gelug het deur buite stemming te bly en die media te gebruik, lyk na swak dissipline en sal intern deur die ANC gehanteer word.”

Wat het dan geword van een van die fundamentele boustene van ons konstitusionele demokrasie? Art 15.1 van die Grondwet bepaal dat elke persoon die reg tot vryheid van gewete het. Lede van die ANC kan vergewe word daarvoor dat hulle daarom gemeen het dat hierdie grondwetlike reg verhewe is bokant partypolitieke opdragte.

Straf kom vir ANC-rebelle wat nie stem

2011-11-23

BEELD

Kaapstad. – Die ANC se lang messe is uit vir sy LP’s wat eergister buite stemming gebly het oor die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting.

’n Kwaai verklaring oor die weerhouding van hul stemme is deur mnr. Jackson Mthembu, die party se nasionale woordvoerder, uitgereik.

Die ANC het gister die aanvaarding van die wetsontwerp verwelkom, maar terselfdertyd dié waarskuwing uitgereik: “Die optrede van kamerade soos prof. Ben Turok, wat hul besware gelug het deur buite stemming te bly en die media te gebruik, lyk na swak dissipline en sal intern deur die ANC gehanteer word.”

Meer as 30 ANC-parlementslede het eergister nie gestem nie of het nie die sitting in die Nasionale Vergadering bygewoon nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Straf-kom-vir-ANC-rebelle-wat-nie-stem-20111123

 

Kommentaar:

U naam:
U e-pos adres:
U kommentaar:
 
380 karakters oor.
 
Verander Prent
  Tik die karakters wat in die prent hierbo vertoon


Geen kommentaar sover