PETROLNOOD EN WIT STILSWYE

Die landwye staking, wat verlede week deur Numsa (metaalwerkersvakbond) begins is, kan hierdie week uitbrei, wanneer duisende (sowat 17,000) werkers van die industriële, chemikalieë- en petroleum-sektor begin staak. Dit kan beteken dat ons nog hierdie week 'n brandstof nood in die land kan beleef.

Tim du Plessis, redakteur van Beeld reageer skerp op prof Anton van Niekerk se artikel in Die Burger verlede week. Volgens hom is Van Niekerk se "stilswye" -oproep aan die adres van die witmense darem eens te veel. Moet dit ook gebeur (’n aktiewe luister en ’n stille werksaamheid om reg te stel waar moontlik) as mense doodgemaak word en onreg en korrupsie voortgaan? - vra hy. Sien by LEES MEER

In Bloemfontein begin die Vryfees môre op die Kovsie-kampus - wat beloof om die suksesvolste en grootste kunstefees tot nog toe in die Vrystaatse hoofstad te wees. Geniet dit! 

Wit stilswye is nou ’n bietjie laasjaar

2011-07-10

Tim du Plessis

Prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch het wit mense en Afrikaners dié week aangetree vir ’n siedende uitskelparade.

Eers het hy hulle behoorlik die kop gewas omdat sommiges dit durf waag om nostalgies te wees oor die army en die bosoorlog.

En hulle toe ernstig vermaan om “in ons tyd” liewer nederig te wees.

Die professor gee wit mense darem toestemming om te praat, maar net in die vorm van “?’n aktiewe luister en ’n stille werksaamheid om reg te stel waar moontlik”.

Goed. Sal iemand dan net vir die familie van die oom en tannie wat verlede naweek so wreed vermoor is op hul hoewe buite Heidelberg sê hulle moet “aktief” en “stil werksaam” luister en “regstel waar moontlik”?

Beeld sal ook so maak volgende keer as daar weer so ’n groteske stuk magsmisbruik is soos wat skynbaar tans met die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, aan die gang is.

Ons mag seker ook net aktief luister, stil werksaam wees en regstel waar moontlik as die ANC deurdruk met die drakoniese inligtingswet en die mediatribunaal.

Ek wonder nogal: sal aktief en werksaam luister en “regstel” Julius Malema kry om op te hou om wit mense misdadigers te noem? En liedere sing wat mense aanmoedig om boere te skiet? Nie sommer nie. Maar wat weet ’n skeptiese ou koerantman in die loopgrawe van die ruwe Suid-Afrika tog?

In die deurlugtige gange van die departement filosofie aan die Universiteit Stellenbosch weet hulle beter. Daar waar hulle deesdae in Afrikaans dink, maar in Engels praat?.?.?.

Van Niekerk se geldige punt het in sy vingerswaaiende tirade verlore gegaan.

Op die uitskelparade by die Pantserskool in 1973 het ons troepe later ook nie meer die korporaal gehoor as hy aanhoudend skree ons is laer as slangdinges nie.

Apartheid hét wit mense bevoordeel, veral Afrikaners. Dit wás ’n onregverdige, mensonterende stelsel wat op geen manier goedgepraat kan word nie. Maak nie saak wie wat sê nie, die Waarheid- en Versoeningskommissie wás ’n geleentheid wat wit mense beter kon benut om ’n greep te kry op die verlede.

Maar ’n verspeelde kans is presies dit: iets van die verlede. Die tyd én die land het aangestap. Dinge is anders, nogal drasties so. Dis nou ’n bietjie laasseisoen om wit mense die leviete voor te lees oor die verlede. Nie net dit nie, hul ore is toe vir prekerige vermanings. Dit het die teenoorgestelde effek.

Dis soos om vir swart Suid-Afrikaners te sê hulle moet erkenning gee aan die opbou en ontwikkeling wat onder apartheid geskied het. As daar ooit ’n tyd dáárvoor was, is dit ook verby.

Maar daar is tog iets waarna wit Suid-Afrikaners “aktief” en “werksaam” kan luister. Dis hoe daar deesdae oor hulle gepraat word.

Max du Preex haal dié week The Economist aan in sy rubriek op News24. “Dit raak al meer aanvaarbaar vir swart Suid-Afrikaners om wittes openlik te verag en te beledig,” skryf dié gesaghebbende blad.

Max sêdie “nare reuk” van revolusie hang in die lug. As die revolusie kom, sal wit mense die eerste slagoffers wees.

Mnr. Boitumelo Senokoane, ’n Unisa-akademikus, het wit mense Woensdag in soveel woorde koebaai gesê. “Wit man, jy is op jou eie,” het hy op ’n seminaar in Pretoria verklaar. Geïsoleer.

Dis maklik om hier te skryf hoe die Jode stelselmatig in Nazi-Duitsland geïsoleer en gedemoniseer is. En, nader aan die huis en meer onlangs, die Tutsi-minderheid in Rwanda in die aanloop tot die volksmoord van 1994.

Alarmisme is egter onnodig en ongevraag. Daar is oorgenoeg bangpraters. Self voel ek glad nie geteiken nie. Maar wakker wees kan nie skade doen nie.

Ons kan gerus maar opstaan en praat. Die tyd vir hurk is verby. Dis net prof. Anton van Niekerk wat vasgehaak het.

  •  Tim du Plessis is hoof van Afrikaanse koeranttitels by Media24.
 

Kommentaar:

U naam:
U e-pos adres:
U kommentaar:
 
380 karakters oor.
 
Verander Prent
  Tik die karakters wat in die prent hierbo vertoon


PxyxJjDFpQVsoWvdQd
2012-04-20
auto insurance uuceb levitra rrd auto owners insurance =-D
 
MsWZXaGXgiqVZ
2012-10-06
insurance auto auctions 12460 auto owners insurance sll viagra 362