|
NASIONALE DEMOKRATIESE REVOLUSIE VS GRONDWET Volgens die politieke redaksie van Die Burger, het die ANC gister verdere voorbrandwerk gedoen vir ’n moontlike verandering aan die Grondwet. Dr Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, het in die debat oor die staatsrede gesê die ANC is die skrywer van die Grondwet en alle grondwette moet van tyd tot tyd hersien word. Behalwe dat dit onwaar is (die skrywer van die Grondwet was 'n inklusiewe proses uit vele SA-sektore en kundiges), is dit asof die ANC hierdeur homself eienaarskap van die Grondwet toe-eien, waarmee hy dan as meerderheidsparty na goeddunke kan handel. Beide Die Burger en Beeld se hoofredaksionele kolom word gewy aan Zuma se (skynbare?) onrusbarende wanbegrip van die skeiding van magte, wat as ’n kru aanval op die oppergesag van die Grondwet beskou word. Art. 167 van dié wet stel dit onomwonde dat die konstitusionele hof die finale beslissing vel oor of wette of die president se optrede grondwetlik is. "Die regbank kan homself dus gereed maak om regstreeks in die visier van die 'nasionale demokratiese revolusie' se ideologiese en rasgegronde motiewe te kom."
Zuma moet Grondwet gaan lees2012-02-14 BEELD/DIE BURGER Lees volledig by http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Zuma-moet-Grondwet-gaan-lees-20120214 "Dit is dus ooglopend dat Zuma se standpunt – “dat die uitvoerende gesag, as verkose amptenare, die alleenreg het om te besluit oor regeringsbeleid” – hom regstreeks in konflik met die Grondwet bring."
"Daaragter lê die onrusbarende redenasie dat die magte wat aan die howe toegedeel is, nie hoër is as die magte wat die gevolg is van ’n mandaat wat deur die bevolking in ’n volkstemming gegee is nie”.
|