Tuisblad Gemeentes Predikante Sinodes
Webbladkaart / Site Map
 

Wie is ons?

IN HIERDIE BLAD:
  • NG KERK IN KZN
  • VISIE
  • WAARDES
  • SINODALE SENTRUM
  • KONTAKBESONDERHEDE
  • MODERATUUR
  • KONFERENSIESENTRUM
  • OORSPRONG EN BETEKENIS VAN DIE KERKSEEL

NG KERK IN KZN

     

Die NG Kerk in KZN bestaan uit 57 gemeentes met ongeveer 28,000 belydende lidmate en 7,300 dooplidmate. Die gemeentes wissel van klein plattelandse gemeentes met minder as 300 lidmate tot groter kusstreek- en stadsgemeentes.                              

      

VISIE
Ons sien die NG Kerk in KZN as 'n hegte familie wat mekaar ken en mekaar bystaan om met Woord en daad Christus sigbaar te maak, wat erns maak met die herenigingsproses, wat saam met die uitgebreide familie van kerke werk aan een Christelike getuienis, wat betrokke is by die uitdagings van armoede, MIV/Vigs en misdaad.

WAARDES
- Positiewe waardering
Die Here is reeds op wonderlike maniere aan die werk in en deur die gemeentes, ringe en sinode van die NG Kerk KZN. Ons vier hierdie dinge met mekaar voor God.
- Uitdaginggerig
Ons is opgewonde ingestel op alle geleenthede wat bestaan om die koringkryk van God uit te brei.
- Hoopskeppend
Die Kerk van Christus is die draers van die boodskap van hoop.
- Eenvoud
Ons wil alles op so 'n manier doen dat almal dit met gemak kan verstaan en kan saamdra.

SINODALE SENTRUM
Die kantore van KZN Sinode word gehuisves in ‘n doelmatige Sinodale Sentrum in Pietermatizburg wat in 1986 in gebruik geneem is. Kantoorruimte word aan etlike maatskappye verhuur en ‘n konferensiesentrum voorsien verder vir die onderhoud van al die sinodale eiendom.

KONTAKBESONDERHEDE
Burgerstraat 345
Pietermaritzburg
3200
Tel: (033) 345 2276/7
E-pos: ontvangs@ngkzn.org.za

MODERATUUR


Moderator:
Ds. Pieter Raath
pieterraath@vodamail.co.za

Assessor:
Dr. Lourens Schoeman
lgschoeman@telkomsa.net

Aktuarius:
Ds. Frikkie van der Merwe
frikkievdm@telkomsa.net

Skriba:
Ds. SW Scott
swscott@telkomsa.net

PREDIKANTE IN SINODALE DIENS

 
Sinodale Bedieningspan

Gemeenskapsbediening:
Dr Botha van Aarde: botha@ngkzn.org.za

 
Sinodale Bedieningspan
Gemeentebediening en Ondersteuningspan 
Ds Ben van Dyk: ben@ngkzn.org.za

 

KONFERENSIESENTRUM
Die Sinodale Sentrum beskik oor konferensiefasiliteite.
Besprekings kan gedoen word by Marinda Meyer: marinda@ngkzn.org.za  


Oorsprong en Betekenis van die Kerkseël

 

                                                      

 

Oudste weergawe

 

Ons kerkseël is reeds meer as 120 jaar oud!

Die oudste weergawe van die kerkseël dateer uit 1889 en is te sien in die korrespondensie van ds H F Schoon, predikant van Ladysmith en skriba van die Sinode van Natal (toe bekend as die Algemeene Kerkvergadering van die Ned Ger Kerk van Natal). Dit het gewerk soos ‘n stempel sonder ink, wat in die papier ingestamp is [verw. S 63].

 

Ontstaan

 

Die ontwerp van die kerkseël was ‘n spanpoging van die drie dienende predikante, maar veral die inisiatief van ds G A Döhne, destyds predikant van Weenen en in 1888 ook die voorsitter van die Sinode van Natal. Die Skriba was ds HF Schoon en ds James Turnbull het Die notule van die Twintigste Algemeene Kerkvergadering van de Ned Ger Kerk in Natal, gehouden te Pietermaritzburg op 4 Junie 1888 [S4] p 43:

 

“Op voorstel van den Predikant van Weenen, die den voorzitterstoel voor den Assessor inruimt, word het volgende besluit, na eenige discussie, met volstrekte meerderheid van stemmen genomen:

            “Den Scriba worde opgedragen een officiëel zegel te laten maken, op koste van het Algemeene Kerkfonds, met een driehoek, een duif met un olijftakje er in, de woorden ‘Ned. Ger. Kerk van Natal’ er om, en plaats voor den datum er onder.””

 

Simboliek

 

Ongelukkig is die simboliek wat in 1888 aan die verskillende komponente geheg is, nie aangeteken nie, of indien wel, het dit nie vir ons behoue gebly nie. Uit die historiese konteks kan ons egter logiese afleidings maak:

 

  • Aangesien die duif ‘n olyftakkie dra, wys dit eerder op Noag se duif as op die Heilige Gees of die vredesduif.
  • Die driehoek wys moontlik op die Drie-Eenheid wat die duif omsluit en beskerm, soos die ark Noag en sy gesin omsluit, beskerm en gedra het.
  • Die ketting met ses skakels onder die duif se voete (wat nie in die oorspronklike besluit genoem word nie) simboliseer moontlik die gemeentes, wat deur ‘n hegte band, soos skakels aan mekaar verbind is.
  • Die stigting van ‘n Sendinggemeente te Greytown in 1988 (p 40), as vrug van die groot herlewing daar, kon dalk verbind word aan die olyftakkie van hoop en groei.

 

Hierdie afleidings word gestaaf deur ‘n paar historiese feite. By die 1888 Sinodevergadering was die afgevaardigdes (net soos Noag) baie bewus van hulle afhanklikheid van die Here se genade:

 

  • Twee van die vyf teenwoordige gemeentes was vakant;
  • daar was nie genoeg fondse vir die drie dienende leraars (di GA Döhne [Weenen], HF Schoon [Ladysmith] en James Turnbull [Greytown]) se onderhoud of uitbreiding van bediening nie;
  • om werkkragte uit die Kaap of van oorsee te bekom, was ‘n groot probleem;
  • die bediening van die leraars is erg bemoeilik deur uiters groot gemeentes, wat te perd, deur vol riviere en vyandige inboorlinge, besoek moes word. 
  • Kerkbywoning van lidmate was om dieselfde redes nie baie goed nie.
  • In ‘n geskiedkundige oorsig [BP5/2] skryf ds. Schoon: “Onze Kerk is klein. Zij telt slechts zes gemeenten; de geaffiliëerde gemeente Melmoth in Britsch Zululand medegerekend.” Die vyf Natalse gemeentes was: Pietermaritzburg, Ladysmith, Greytown, Weenen en Newcastle.  In hierdie tyd het Vryheid en Utrecht gemeentes ook bestaan, maar was toe deel van die Vrye Republiek (later Transvaal).
  • Te midde van probleme was daar ook groot dankbaarheid. Wanneer die godsdiensverslae aan die Sinode 1888 voorgelees word, word die volgende genotuleer: “Al de verslagen spreken van zegeningen en geven hoop en moed. Wij hebben stof tot dankzegging.” 

 

Tydens die volgende Sinodevergadering op Dinsdag 4 Junie 1889, en onder voorsitterskap van ds James Turnbull word die Kerkseël amptelik in gebruik geneem met die volgende besluit:

 

“Het kerkelijke zegel, hetwelk de Scriba op last der Synode heeft laten vervaardigen, wordt nu ter tafel gelegd; en de Vergadering besluit dat dit zegel voortaan zal worden gedrukt op alle offisieele stukken die door de handen van den Sckriba Synodi gaan; alsmede op alle certifikaten en attestaten die van den Kerkeraad uitgaan. De Scriba zal den Afgevaardigden der onderscheidene Kerkeraden jaarlijks, tjidens de zitting der Synode gelegenheid geven tot het nemen van zoovele afdruksels als indese Kerkeraad noodig heeft.”

 

Argief en Inligting

NG Kerk in KZN

10.11.2009





[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Diversiteitsforum]