| Die NG Kerk in KZN bestaan uit 58 gemeentes met ongeveer 29 800 belydende lidmate en 7 500 dooplidmate. Die gemeentes wissel van klein plattelandse gemeentes met minder as 300 lidmate tot groter kusstreek- en stadsgemeentes. Slegs enkele gemeentes het meer as 1,000 belydende lidmate. Die KZN Sinode word bedien deur 76 predikante, wat ook personeel in sinodale diens en inrigtingsorg insluit. VISIE Ons sien die NG Kerk in KZN as 'n hegte familie wat mekaar ken en mekaar bystaan om met Woord en daad Christus sigbaar te maak, wat erns maak met die herenigingsproses, wat saam met die uitgebreide familie van kerke werk aan een Christelike getuienis, wat betrokke is by die uitdagings van armoede, MIV/Vigs en misdaad. WAARDES - Postitewe waardering Die Here is reeds op wonderlike maniere aan die werk in en deur die gemeentes, ringe en sinode van die NG Kerk KZN. Ons vier hierdie dinge met mekaar voor God. - Uitdaginggerig Ons is opgewonde ingestel op alle geleenthede wat bestaan om die koringkryk van God uit te brei. - Hoopskeppend Die Kerk van Christus is die draers van die boodskap van hoop. - Eenvoud Ons wil alles op so 'n manier doen dat almal dit met gemak kan verstaan en kan saamdra. SINODALE SENTRUM Die kantore van KZN Sinode word gehuisves in ‘n doelmatige Sinodale Sentrum in Pietermatizburg wat in 1986 in gebruik geneem is. Kantoorruimte word aan etlike maatskappye verhuur en ‘n konferensiesentrum voorsien verder vir die onderhoud van al die sinodale eiendom. KONTAKBESONDERHEDE Burgerstraat 345 Pietermaritzburg 3200 Tel: (033) 345 2276/7 E-pos: ontvangs@ngkzn.org.za PREDIKANTE IN SINODALE DIENS Sinodale Bedieningspan – Gemeenskapsbedieninge: Dr Botha van Aarde: botha@ngkzn.org.za  Sinodale Bedieningspan – Gemeentebedieninge en Sinodale Ondersteuningspan: Ds Ben van Dyk: ben@ngkzn.org.za  MODERATUUR KONFERENSIESENTRUM Die Sinodale Sentrum beskik oor konferensiefasiliteite. Besprekings kan gedoen word by Belinda: belinda@ngkzn.org.za
|