Tuisblad Gemeentes Predikante Sinodes
Webbladkaart / Site Map
 

Dienswerk

Mentorskapsbediening

Gedurende die afgelope maande is die opleiding van mentors in die sinode van KZN voltooi. Die volgende persone is tans as mentors in KZN geakkrediteer:

1.   Rupert de Koning
2.   Thomas de Wet
3.   Henry Eagleton
4.   Mike Heaney
5.   Theo Human
6.   Gert Kok
7.   Tertius Naudé
8.   Magdalena Reyneke
9.   Jamie Rheeder
10. Barry Tolmay
11. Ben van Dyk
12. Willie van Zyl

Predikante kan hulle persoonlike mentors met vrymoedigheid uit hierdie lys kies.
Kliek op die naam van die persoon vir ‘n kort CV en kontakbesonderhede (CV’s word geplaas sodra beskikbaar).

 

Gemeentebediening en Ondersteuningsdienste  

 

In hierdie bediening fokus ons op gemeentes en hulle behoeftes soos toerustings-programme, admin, bewaring en so meer.  Daar word ook bedien ten opsigte van pastoralesorg, saamwees, kategese en toerusting van lidmate. Kontakpersoon: Ds Ben van Dyk, ben@ngkzn.org.za

Gemeenskapsbediening

Hier is die fokus op die gemeenskap in die samelewingskonteks. Dit sluit ook in drie kinderhuise, tehuise vir bejaardesorg en gestremdes en die Geestelike Eeufees Monument-bediening. Kontakpersoon: Dr Botha van Aarde, botha@ngkzn.org.za

Jeug

Skoolverlaterskampe is daar om Matrikulante voor te berei vir die lewe na matriek. Ongeag of jy verder gaan studeer, gaan werk of oorsee gaan, hierdie kamp is die moeite werd! Vir meer inligting besoek ons by www.skolliekampe.org.za
 
 

 Vrouebediening

 
Die SKV behartig die bediening aan vrouelidmate in sinodale verband. Daar word op gereelde basis konferensies en kampe vir vrouelidmate aangebied. Kontakpersoon: Lea van der Walt, ngk@scottburgh.co.za

Welsynsdienste


KZN CMD is ‘n Christelike welsynsorganisasie en lewer maatskaplike dienste op materiële, sosiale en geestelike gebied aan alle mense in nood, ongeag ras, geslag of geloof. Die dienste sluit in voorkoming, versorging en nasorgdienste. Kontak vir dr Botha van Aarde by botha@ngkzn.org.za of (033) 345 2276/7.

Taakspanne  

Verskeie taakspanne vul die bediening in KZN aan, onder andere die Taakspan vir Fondse, die Visionerende Leierspan en die Sinodalespan vir Regte. Die Moderamen van ongeveer veertig lede sien toe dat die dienswerk in sy geheel vlot verloop.

 

 



[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Diversiteitsforum]