|
Buro's van Barmhartigheid
Roeping en funksie Daar funksioneer tans 2 kerklike Buro’s van Barmhartigheid onder beskerming van die NG Kerk in Namibië. Van hulle word verwag om die kerk te begelei tot ’n Bybelse antwoord op die nood van die plaaslike omgewing. Dit behels die konstruktiewe aanspreek van die nood van mense binne en buite die NG Kerk, wat gedryf word deur ’n innerlike roeping tot naaste diens. Professionele hulp, barmhartigheid en die betoning van liefde en versorging behoort vanuit ’n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing gedoen te word. Begeleiding geskied deur bewusmaking, motivering, toerusting sowel as mobilisering van kliënte en multi-dissiplinêre spanlede. Aktuele nood moet aandag kry binne die konteks van die plaaslike gemeenskappe. Kontakbesonderhede - Windhoek: Feldstraat 34, Posbus 3307, Windhoek, Namibië, tel (+ 264-61) 374360, faks (+ 264-61) 22-7287, e-pos kmrwhk@ngkn.com.na - Walvisbaai: Posbus 820, Walvisbaai, Namibië, tel (+264-64) 20-5857, faks (+264-64) 20-5315, e-pos kmrwvb@mweb.com.na, - Swakopmund: tel (+264-64) 461962, e-pos kmrswk@mweb.com.na
Kinderversorging Huis Maerua is ’n Kinderhuis wat onder beskerming van die NG Kerk in Namibië funksioneer. Skoolgaande kinders van beide geslagte word hier opgeneem en versorg binne ’n Christelike etos mits sodanige kinders deur ’n Kinderhof sorgbehoewend bevind en na ’n Kinderhuis of plek van veiligheid verwys is. Kontakbesonderhede Bestuurder: Mnr Piet Kruger, tel (+264-61) 374370. Huisouers: Mev E Kruger, tel (+264-61) 374380; Mev M Hayward, tel (+264-61) 374390. Ouer persone Die NG Kerk in Namibië bied versorging aan ouer persone in vier inrigtings in Namibië. · Huis Deon Louw, Posbus 697, Gobabis, Namibië, tel (+264-62) 562895. Bestuurder: Mnr J Maritz. Inwoners word in enkel- en dubbelkamers, sowel as in ’n afdeling vir verswakte bejaardes, versorg. · Ons Tuiste, Posbus 51, Keetmanshoop, Namibië, tel (+264-63) 22-2794. Inwoners word in enkel- en dubbelkamers, woonstelle en ’n afdeling vir verswakte bejaardes versorg. · Oude Rust Oord, Posbus 20543, Windhoek, Namibië, tel (+264-61) 22-7023, e-pos ouderust@mweb.com.na. Bestuurder: Mnr S van der Merwe. Inwoners word in enkel- en dubbelkamers, woonstelle en ’n afdeling vir verswakte bejaardes versorg. · Schanzen-Oord, Posbus 389, Windhoek, Navrae: Mnr F du Toit, tel (+264-81) 261 7405. Aftree-oord met 61 woonstelle vir selfversorgende ouer persone en ’n 16-bed sorgeenheid. Nie-Afrikaanse bediening Die NG Kerk in Namibië is betrokke by bediening onder verskillende taalgroepe, waaronder Engels, Otji-Herero en verskeie dialekte van San. Binne die gebied van die Noordelike Ring is ’n Sentrum vir Diens en Getuienis in die Noord-Oostelike Streke (Degnos) gevestig wat veral fokus op die ondersteuning en uitbouing van dienswerk binne die San-gemeenskappe. Benewens toerusting van inheemse geestelike werkers om verantwoordelikheid vir die bediening te neem, is daar verskeie projekte aan die gang wat gerig is op die ontwikkeling van die onderskeie gemeenskappe. Hieronder tel onder andere veeteelt en kurio-verkope. Degnos is baie afhanklik van die steun van eksterne vennote, en is dankbaar om aan hulle erkenning te gee. Verskeie gemeentes in die Wes-Kaap, Vrystaat en Namibië is hierby betrokke. Nadere besonderhede oor die dienswerk kan by die Bestuurder van Degnos verkry word by wildevy@iway.na.
|