Tuisblad
Tuisblad Wie is Ons Kommisies Inligtingstukke Nuus Dienste Gemeentes
 

Wie is ons?

SINODE IN NOORD-KAAPLAND

Saam luister ons na die Woord van die Here en loop só saam op die pad dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef.

 

Die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland is hoofsaaklik ’n plattelandse sinode met 80 gemeentes – waarvan die meeste in die provinsie Noord-Kaap geleë is. Enkele gemeentes (15) is in die provinsie Noordwes (die ring van Mafikeng en die ring van Reivilo).           
Die sinodale streek het twee “hoofstede”, nl. Kimberley (Noord-Kaap) en Mafikeng (Noord-Wes). Die ander groot sentrum is Upington, in die ooste van Noord-Kaap, aan die walle van die Garieprivier. Nie een van die groot sentra is sentraal geleë in die streek nie. Die sinode strek oor ’n baie wye gebied met groot afstande tussen die onderskeie sentra.
           
Die sinodale kantoor is in Kimberley wat op die oostelike grens van Noord-Kaap geleë is. Die grens na die Oranje Vrystaat is sleg 10 km na die ooste van Kimberley.

Indien u meer oor die ringe van die sinode in Noord-Kaapland wil lees, kan u dit doen deur te klik op ringe.

Verhaal van die sinode         
Indien u meer oor die verhaal van die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland wil lees, kan u dit doen deur te klik op verhaal.

Kerkseël         
Indien u meer oor die verhaal en betekenis van die kerkseël van die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland wil lees, kan u dit doen deur te klik op kerkseël.

Sinodale kantoor      
Fisiese adres:
   Lawsonstraat 72
   Kimberley
Posadres:
   Posbus 1430
   Kimberley
   8300
Tel         053-8329581/2
Faks      053-832 8212
E-Pos     noordkaapsinode@xsinet.co.za

Kantoor-ure
  Maandag tot Vrydag vanaf 08h00 tot 16h30

Ds Mossie Mostert
(predikant in sinodale diens)

Me Estha Badenhorst
(rekenmeester)

Me Fernette Fourie
(sekretariële beampte)

Me Poppie Seekoei
(assistent)

Terug na bo