Tuisblad
Webbladkaart / Site Map
NGK Soek:  
 

Wie is ons?

> Algemene Sinode
> Hoëveld
> KwaZulu-Natal
> Namibië
> Noord-Kaapland
> Noordelike
> Oos-Kaapland
> Oostelike
> Vrystaat
> Wes- en Suid-Kaap
> Wes-Transvaal
> VGK SA
> NGKerk in Afrika
> RCA

Die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland is hoofsaaklik 'n plattelandse sinode met 81 gemeentes - waarvan die meeste in die provinsie Noord-Kaap geleë is. Enkele gemeentes (15) is in die provinsie Noordwes (die ring van Mafikeng en die ring van Reivilo).

Die sinodale streek het twee "hoofstede", nl. Kimberley (Noord-Kaap) en Mafikeng (Noord-Wes). Die ander groot sentrum is Upington, in die ooste van Noord-Kaap, aan die walle van die Garieprivier. Nie een van die groot sentra is sentraal geleë in die streek nie. Die sinode strek oor 'n baie wye gebied met groot afstande tussen die onderskeie sentra.

Die sinodale kantoor is in Kimberley wat op die oostelike grens van Noord-Kaap geleë is. Die grens na die Oranje Vrystaat is sleg 10 km na die ooste van Kimberley.

Die verste gemeentes in die verskillende windrigtings vanaf Kimberley is:
• Hanover suid (418 km)
• Williston suid-wes (550 km)
• Augrabies (532 km)
• Askam-Noeniepunt noord-wes (615 km)
• Onder-Molopo (Bray) noord (472 km)

Waar is ons kantore?
Die sinodale kerkkantoor is geleë te Villiersstraat 15, Kimberley, 8300
Tel: 053-8329581/2
Faks: 053-832 8212
E-Pos:
noordkaapsinode@xsinet.co.za

Ons kantoor-ure is: Maandag tot Vrydag vanaf 08h00 tot 16h30
• Die predikant in sinodale diens is: Ds Mossie Mostert
• Die rekenmeester is: Me Estha Badenhorst
• Die sekretariële beampte is: Me Fernette Fourie

Roepingsverklaring sinode van Noord Kaapland
’n Sinode is gemeentes wat saam na die Woord van die Here luister en die pad so saamloop dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef.

Die sinode het die volgende kernwaardes aanvaar:
1. Luister
    Die Sinode wil God deur Sy Woord en Gees ontmoet en na Hom luister.
    Die Sinode wil saam God se wil en roeping vir die Kerk ontdek.
    Die afgevaardigdes luister na mekaar sodat ons mekaar tot troos en hulp kan wees.

2. Liturgiese grondhouding
    Die Sinode vergader met ’n liturgiese grondhouding.

3. Deelname
    • Die afgevaardigdes soek saam in die lig van die Woord en onder leiding van die Heilige
      Gees na God se wil. Dit kan geskied deur kleingroepbesprekings (tafel-gesprekke) en
      debat deur die volle vergadering.
    • Die Sinode poog om so ver as moontlik konsensus te bereik wanneer besluite geneem
       word.

4. Beplanning
    Die Sinode wil gemeentes en ringe ondersteun om konkreet en prakties uitvoering te gee
    aan God se roeping vir sy kerk.

5. Verbondenheid aan mekaar
    Gemeentes is met mekaar versoen deur Jesus Christus. Hierdie verbintenis word
     uitgedruk in ons belydenis, nl. Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus
     en Dordtse Leerreëls. Ons deel ons roeping in die wêreld en het ooreengekom om ordelik
     op te tree soos in ons Kerkorde weergegee.

Wat is ons sleutel fokus-areas?
• Armoede
• HIV-Vigs
• Families
• Skrifgesag - die Seisoen van Luister ingesluit
• Predikante-versorging



[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Gespreksforum]