Tuisblad
Tuisblad Wie is Ons Kommisies Inligtingstukke Nuus Dienste Gemeentes
 

Gemeentes: Loxton


INHOUD

Beginjare. Lees verder   
Vandag. Lees verder

Beginjare

Eerste kerkgebou

Aangesien die gemeente Victoria-Wes geweldig groot was, nl. 18 uur te perd lank, 13 ure breed en wat 1,250 lidmate gehad het, was die behoefte daar dat die gemeente kleiner gemaak moes word. Vosburg is eerste gestig, 10 ure te perd op die hoofpad na Prieska en daarna Loxton, 8 ure te perd op die grootpad tussen Victoria-Wes en Fraserburg. Die ringskommissie het Fizantenfontein bo Slangfontein verkies en só word die plaas deur ’n komitee van mnr. AE Loxton vir £7,500 gekoop. Die grond word na mnr. Loxton vernoem aangesien hy £50 “voor het predikant sustentatiefonds” gegee het. Die konsulent, ds. Maeder, het hom beywer dat die nuwe gemeente wat in 1899 gestig is, ’n sukses moes wees. Die opbrengs uit die erwe het mettertyd die onkoste, wat aangegaan is om die plaas te koop, betaal. Tydens die tweede Nagmaal lê ds. Maeder die fondamente van die kerk en met die derde Nagmaal, drie maande daarna, word die kerk ingewy.         
Toe ds. JA Kock in 1892 bevestig is, was daar ’n balans van £400 in die kerkkas. Ds. Kock het hom beywer vir spesiale dienste, maar het nie lank gebly nie. Sy opvolger was ds. AGT Venter en met sy sin vir besigheid en besadigde temperament het die gemeente floreer.      
Ds. Kock is opgevolg deur ds. CW Alheit wat in sy dienstyd sorg gedra het dat £2,000 bymekaargemaak is om ’n nuwe kerk te bou.    
Bron   
Ons Kerk Album, bladsy 73     
Terug na inhoud

Vandag

Huidige kerkgebou

Terug na inhoud


<< Terug na Gemeenteblad