SINODALE KERKORDEKOMMISSIE Die sinode benoem ’n kerkordeommissie bestaande uit ses lede wie se opdrag soos volg beskryf word: • As appélliggaam tussen sinodes. • Rangskik die Kerkregtelike besluite van die Sinode en publiseer dit so gou as moontlik • Die gee van advies en hantering van sake van kerkregtelike aard. • Die voorsitter van die kerkordekommissie dien op die algemene regskommissie as aktuarius • Aangesien die sinodale struktuur van die NG Kerk in Noord-Kaapland nie voorsiening maak vir ’n sinodale kommissie/moderatuur/moderamen nie, wys die sinode die sinodale kerkordekommissie aan om op te tree in die plek van ’n sinodale kommissie / moderatuur / moderamen waar die Kerkorde of Reglemente van die algemene sinode optrede vra van die sinodale kommissie/ moderatuur/moderamen. (Kerkorde van die NG Kerk in Noord-Kaapland, Oktober 2012: artikel 35.5.2.4)
Kommissie- en taakspanne-lede SKOK – Kommissie – verteenwoordigers - 2012
Terug na Kommissies
|