Die Vigstaakgroep van die NGK Wes- en Suid-Kaap en VGK Kaapland het in samewerking met CABSA riglyne vir “Wêreld Vigsdag 2007” opgestel. Hierdie riglyne word in samewerking met die Verenigde Bediening vir Diensgetuienis van die NGK Familie versprei.
"Wêreld Vigsdag" is 'n geleentheid om die liefde van Christus te kommunikeer. Daarom behoort ons onsself betyds voor te berei om op Sondag 25 November en/of Sondag 2 Desember 2007 Christus se liefde vir mense wat leef met MIV sigbaar en tasbaar te demonstreer. Dit is ook ’n geleentheid om mense tot groter verantwoordelikheid op te roep.