Tuisblad Gemeentes Predikante Sinodes
Webbladkaart / Site Map
 

Wie is ons?

Die Sinode van NG Kerk in die Vrystaat is een van die 10 sinodes van die Algemene Sinode en bestaan uit 21 Ringe en 159 gemeentes.

Die Sinodale Kantoor is geleë te St Andrewstraat 147, Bloemfontein.


Direkteur - Administrasie en Finansies:  Mnr André Esterhuizen

Posadres:
Posbus 399
Bloemfontein
9300

Tel: 051 406 6700
Faks: 051 447 2145

E-pos: daf@ngkerkovs.co.za

Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 16:00

VISIE

Lig in die Duisternis – Hier vir God, vir mekaar en vir die wêreld

ONS GEREFORMEERDE IDENTITEIT

  1. Ons glo dat die Bybel God se skrifgeworde openbaring is. Ons bely daarom dat die Bybel God se woord in mensetaal is wat deur die Heilige Gees geïnspireer is en God se norm vir ons lewe is. Die Bybel moet na sy aard en bedoeling vertolk en verklaar word, met dien verstande dat die Bybel sy eie uitlegger is en dat elke gedeelte in sy verband uitgelê moet word. Ons glo dat ‘n lewende, persoonlike verhouding met God belangrik is vir die verstaan van die bedoeling van die Skrif.

  2. Ons erken dat die post-moderne tydsgees daartoe lei dat waarhede gerelativeer word. Ons het begrip dat dit tot identiteitskrisisse en tot onsekerheid kan lei. Daarom verklaar ons opnuut ons gehegtheid aan ons gereformeerde belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Ons aanvaar hierdie belydenisskrifte as bindend omdat dit ooreenstem met die Bybel as die Woord van God. Die inhoud van hierdie belydenisskrifte moet in ons harte leef. Ons vra leraars om die inhoud van die Belydenisskrifte weer op ‘n nuwe, vars manier in gemeentes bekend te stel.

  3. Ons sien ons eredienste as ontmoetings met die lewende God waar Hy deur sy Woord en Gees teenwoordig is. Hierdie waarheid maak dat elke byeenkoms gekenmerk word deur ‘n diepe respek vir God. Ons erken dat daar verskillende spiritualiteite in ons kerk is wat in die diversiteit van ons aanbidding sigbaar geword het. Ons verklaar egter dat daar geen plaasvervangers kan wees vir deeglik voorbereide eredienste waar Skrifgefundeerde prediking, die wet van God en die belydenis sy plek kry nie. Ons staan daarby dat daar sekere hoekstene is wat ons eredienste kenmerk maar erken dat daar op Skrifgetroue, verantwoordelike en stylvolle wyse met die boustene op daardie hoekstene gebou kan word.

  4. Ons verstaan ons roeping dat ons “Lig in die duisternis” is: “Hier vir God, vir mekaar en vir die wêreld”. Ons glo dat die waarhede van die Bybel in ons konteks moet tuiskom. Daarom aanvaar ons die uitdaging om gestuurde gemeentes te wees; mense wat diep onder die indruk is dat ons uit genade gered is en nou uit dankbaarheid ‘n verskil wil gaan maak in die gebroke wêreld rondom ons. Die besinning oor gereformeerde identiteit is ‘n noodsaaklike en voortgaande gesprek. Daarom onderneem ons om voortdurend hieraan aandag te gee.

 

MODERAMEN

Voorsitter:                                                                                       
Dr PJ van van Jaarsveld 
Posbus 67 Bothaville 9600
Tel 056 515 2209 / Sel 082 852 5702
E-pos: pjvanjaarsveld@telkomsa.net

Ondervoorsitter: 
Prof JJ van Rensburg
Posbus 26067 Langenhovenpark 9330 
Tel 051 446 2547 / Sel 082 784 9046 
E-pos: jjvanr@yebo.co.za

Skriba: 
Ds WH van Zyl 
Morkenstraat 16
Fichardtpark Bloemfontein 9301
Tel 051 522 7798 / Sel 082 926 6519
E-pos: rvz@fichardtkruin.co.za

Sekundi:  Ds RR Botha,  dr CHJ van Schalkwyk,  ds CM James

Kerkraadslede:
Oudl SJ Nel (Bothaville)
Posbus 120 Bothaville 9660 
Tel 056 515 2824 / Sel 083 255 3660 
E-pos: faannel@btbits.co.za
 
Oudl HJ Botma
Posbus 16 Bothaville 9660 
Tel 056 515 3918 /  Faks 086 618 1945 / Sel 082 826 6607
E-pos: bullyb@graingrowers.co.za

Oudl prof SD Snyman
Posbus 43843 Heuwelsig 9332 
Tel 051 451 2374 (h) / 051 401-2787 (w) / Sel 082 780 8039
E-pos: snymansd@ufs.ac.za
 
Oudl me M Potgieter
Posbus 225 Theunissen 9410 
Sel 082 883 8382 
E-pos: michellepotgieter.m@gmail.com
 
Oudl HP Smit
Posbus 29656 Danhof 9310
Tel 051 436 1995 / Sel 083 274 8108

Sekundi:  Dr JJ Swanepoel (Fichardtkruin),  mnr PJB Coetzer (Bloemheuwel),
mnr SJ de Jager (Parys-Oos)

AANGEWYS DEUR DIENS EN BEDIENINGSKOMMISSIE-GROEPERINGE

 KERKKANTOOR / SKAF:
1.  Ds LM Foot
Jackie Krugerstraat 26 Naudeville Welkom 9459
Sel 083 503 6674
E-pos: leon.foot@telkomsa.net
 
2.  Mnr JA Esterhuizen
Direkteur: Administrasie en Finansies, NG Kerk OVS
Posbus 399 Bloemfontein 9300
Tel 051 406 6700
E-pos: daf@ngkerkovs.co.za

DIENSKOMMISSIES (SKK, SKLAS, SKOK, KURATORIUM, ARGIEF):
1.  Dr C Mitchell
Posbus 43031 Heuwelsig 9332
Tel 051 436 4769/ Sel 079 895 3911
E-pos: cmitchell@ngheuwelkruin.org.za

2.  Ds HMJ van Rensburg
Posbus 22 Villiers 9840
Tel 058 821 0112 / Sel 082 749 5052
E-pos: helmich@lantic.net

GETUIENISBEDIENING:
1.  Dr G van der Watt
Posbus 1399 Bloemfontein 9300
Tel 051 406 6728 (w)  / Sel 082 780 8038
E-pos: missio@ngkerkovs.co.za

2.  Ds GPM de Wet
Posbus 186 Petrus Steyn 9640
Tel 058 871 3231 / Sel 082 377 0499
E-pos: meiringdewet@telkomsa.net

GEMEENTEBEDIENING:
1.  Ds A Barlow
Altonasingel 49 Fichardtpark Bloemfontein 9301
Tel 051 522 4492 / Sel 084 547 9999
E-pos: abarlow@lantic.net

2.  Ds MG van Rooyen
Posbus 6046 Kroonheuwel 9501
Tel 056 212 3398 / Sel 083 413 7100
E-pos: mg@kroonheuwelnoord.ng.org.za

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING  (SKDB,  NGMD, NG Welsyn):
1.  Ds WJ Botha
NGMD-OVS
Posbus 12552 Brandhof  9324
Tel 051 407 7223 (w), 051 436 3330 (h) / Sel 082 441 1867
E-pos: dswjb@ngmdvs.co.za
 
2.  Dr JP Robb
Posbus 606 Kroonstad 9500
Tel nr 056 212 3366 / Sel 072 599 7772
E-pos: jprobb@telkomsa.net

BYKOMEND (nie stemgeregtig):
1.  Ds M Greeff
Posbus 33 Jacobsdal 8710
Tel 053 591 0040 / Sel 082 936 3462
E-pos: greeffm@iafrica.com



[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Diversiteitsforum]