Tuisblad Gemeentes Predikante Sinodes
Webbladkaart / Site Map
 

Kontakbesonderhede

Lig in die duisternis – hier vir God, mekaar en die wêreld”

Ons roeping
NG Gemeentes in die Vrystaat, is as “gestuurde gemeentes” gehoorsaam aan hul afsonderlike en gesamentlike roeping om “lig vir die wêreld” te wees.

Ons is geroep om: 
- deur woord, daad, liefde en gebed
- in ons eie gemeenskap ‘n getuienis uit te leef
- en in venootskappe by ander gemeenskappe betrokke te raak

Kontakpersoon:

Dr G van der Watt (Sekretaris) 
Posbus 1399 Bloemfontein 9300
Tel 051 406 6729
Sel 082 780 8038
E-pos: missio@ngkerkovs.co.za of getuienis@ngkerkovs.co.za

KOMMISSIE:

Ds GPM de Wet (Voorsitter)
Ds A Meiring (Ondervoorsitter)
Dr G van der Watt (Skriba)
Dr CHJ van Schalkwyk
Ds CJ James
Ds S Spamer
Ds JS Haggard
Ds J Kuyler
Ds W Venter
Mev R Janse van Vuuren (SKV)
Prof P Verster (Teologiese Fakulteit)
Adviserend:
Prof JJ Kritzinger
Prof WJ Schoeman

WERKSAAMHEDE:
Taakgroepe van die SGK is verantwoordelik vir die ondersteuning van die bediening in die volgende areas:
Plaaslik:  Gemeentes word aangemoedig en ondersteun om by allerlei plaaslike getuienisprojekte betrokke te wees. Daar word met NGKA- en VGK-gemeentes saamgewerk, ook in gesamentlike strukture in gemeente- en ringsverband.

Spesifieke binnelandse gebiede:  Gemeentes en leraars in die volgende gebiede word ondersteun: Witsieshoek (Qwaqwa); Botshabelo en Thaba’Nchu; die Goudvelde; Sasolburg, Middestadbediening, veral Torings van Hoop; Arbeidsbediening;  Studentebearbeiding;  Multikulturele Bedieninge.

Buitelandse gebiede:  Ondersteun werk in Zambië (Reformed Church in Zambia, veral Justo Mwale Theological University College);  in Namibië (Boesmanland, Caprivi, DEGNOS);  in Lesotho (saam met NGKA en VGKSA);  Japan (saam met NGK Oos-Kaap, RCA en Missie Japan) asook ander werksaamhede van die Algemene Sinode soos Frankryk, Biblia Hawesending, Gesamentlike Sending in Angola, ens.

Finansiële hulpverlening:  Die werk in Natal, soos die GEM-sending en die Reformed Church in Africa, word ook ondersteun.

SGK Reglement

Klik hier vir die aflaaibare dokument
 

GEMEENTE UITREIKE:  Wanneer daar beplan word vir ‘n uitreik, is dit belangrik om altyd weer te vra:  Wat wil ons gaan doen?  Wat wil ons bereik?  Hoe gaan ons dit die beste bereik?  Wat is die moets en moenies?  Dr Gideon van der Watt plaas hierdie belangrike bediening van die kerk in perspektief: 

Klik hier vir die aflaaibare dokument


<< Terug na Bedieninge


[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Diversiteitsforum]