| Kontakpersoon:
 Ds André van Staden Tel 051 522 8661 / Sel 083 456 6709 E-pos: andre@fichardtkruin.co.za
Die A tot Z handleiding vir predikantebegeleiding kom plaas die saak van mentorskap op die lessenaar van al die predikante. Hierdie beleid vra dat elke predikant dit sal oorweeg om as mentor opgelei te word en om hom of haarself as mentor beskikbaar te stel vir ander predikante. Die uiteindelike doel is dat, veral leraars wat in die eerste bedieningsjare staan, of nuut in 'n gemeente is, met vrymoedigheid van 'n mentor kan gebruik maak. Die leraar se bestaande entoesiasme wil daarmee op daardie vlak gehou word deur middel van 'n belangstellende daarwees vir jou. Dit is nou pro-aktiewe energie wat in stand gehou word! Of jy dus 'n mentor wil wees, of dalk by een wil inskakel - dit lyk vir my ewe belangrik om deel te vorm van hierdie mooi saamstappad deur die vreugde van die bediening.
|