|  Die Sinode van die NG Kerk Vrystaat is een van die 10 sinodes van die Algemene Sinode en bestaan uit 21 Ringe en 158 gemeentes.
Die Sinodale Kantoor is geleë te St Andrewstraat 147, Bloemfontein. GPS koördinate - Suid 29°07'02.71" Oos 26°12'57.72" Hoogte bo seevlak 1 384m  Direkteur - Administrasie en Finansies: Mnr André Esterhuizen Posadres: Posbus 11412 Universitas BLOEMFONTEIN 9321
Tel: 051 406 6700 (Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 16:00)
Faks: 051 447 2145 E-pos: daf@ngkvs.co.za VISIE Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld ONS GEREFORMEERDE IDENTITEIT -
Ons glo dat die Bybel God se skrifgeworde openbaring is. Ons bely daarom dat die Bybel God se woord in mensetaal is wat deur die Heilige Gees geïnspireer is en God se norm vir ons lewe is. Die Bybel moet na sy aard en bedoeling vertolk en verklaar word, met dien verstande dat die Bybel sy eie uitlegger is en dat elke gedeelte in sy verband uitgelê moet word. Ons glo dat ‘n lewende, persoonlike verhouding met God belangrik is vir die verstaan van die bedoeling van die Skrif.
-
Ons erken dat die post-moderne tydsgees daartoe lei dat waarhede gerelativeer word. Ons het begrip dat dit tot identiteitskrisisse en tot onsekerheid kan lei. Daarom verklaar ons opnuut ons gehegtheid aan ons gereformeerde belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Ons aanvaar hierdie belydenisskrifte as bindend omdat dit ooreenstem met die Bybel as die Woord van God. Die inhoud van hierdie belydenisskrifte moet in ons harte leef. Ons vra leraars om die inhoud van die Belydenisskrifte weer op ‘n nuwe, vars manier in gemeentes bekend te stel.
-
Ons sien ons eredienste as ontmoetings met die lewende God waar Hy deur sy Woord en Gees teenwoordig is. Hierdie waarheid maak dat elke byeenkoms gekenmerk word deur ‘n diepe respek vir God. Ons erken dat daar verskillende spiritualiteite in ons kerk is wat in die diversiteit van ons aanbidding sigbaar geword het. Ons verklaar egter dat daar geen plaasvervangers kan wees vir deeglik voorbereide eredienste waar Skrifgefundeerde prediking, die wet van God en die belydenis sy plek kry nie. Ons staan daarby dat daar sekere hoekstene is wat ons eredienste kenmerk maar erken dat daar op Skrifgetroue, verantwoordelike en stylvolle wyse met die boustene op daardie hoekstene gebou kan word.
-
Ons verstaan ons roeping dat ons “Lig in die duisternis” is: “Hier vir God, mekaar en die wêreld”. Ons glo dat die waarhede van die Bybel in ons konteks moet tuiskom. Daarom aanvaar ons die uitdaging om gestuurde gemeentes te wees; mense wat diep onder die indruk is dat ons uit genade gered is en nou uit dankbaarheid ‘n verskil wil gaan maak in die gebroke wêreld rondom ons. Die besinning oor gereformeerde identiteit is ‘n noodsaaklike en voortgaande gesprek. Daarom onderneem ons om voortdurend hieraan aandag te gee. BELANGRIKE DOKUMENTE:
AGENDA - VRYSTAAT SINODE 2013 - BOTHAVILLE - Klik hier
 BELANGRIKE BESLUITE - ALGEMENE SINODE, OKTOBER 2011: BELHAR - Klik hier KERKHERENIGING - Klik hier DOOP - Klik hier HUWELIK EN SAAMWOON - Klik hier BEVRYDING - Klik hier
-
NUUTSTE KERKORDE 2011 (ALG SIN) - Klik hier - BESTUURSHANDLEIDING - DIENSVERHOUDINGE 2010 (6MB) - Klik hier
-
HANDELINGE - VRYSTAAT SINODE, 2009 (1.16MB) - Klik hier
MODERAMEN - NG KERK VRYSTAAT: | Voorsitter:
 Dr PJ van van Jaarsveld Posbus 67 Bothaville 9600 Tel 056 515 2209 / Sel 082 852 5702 E-pos: pjvanjaarsveld@telkomsa.net Ondervoorsitter:
 Prof JJ van Rensburg Posbus 26067 Langenhovenpark 9330 Tel 051 446 2547 / Sel 082 784 9046 E-pos: jjvanr@yebo.co.za Skriba:
 Ds WH van Zyl Morkenstraat 16 Fichardtpark Bloemfontein 9301 Tel 051 522 7798 / Sel 082 926 6519 E-pos: rvz@fichardtkruin.co.za Sekundi: Ds RR Botha, dr CHJ van Schalkwyk, ds CM James
Kerkraadslede: Oudl SJ Nel (Bothaville) Posbus 120 Bothaville 9660 Tel 056 515 2824 / Sel 083 255 3660 E-pos: faannel@btbits.co.za Oudl HJ Botma Posbus 16 Bothaville 9660 Tel 056 515 3918 / Faks 086 618 1945 / Sel 082 826 6607 E-pos: bullyb@graingrowers.co.za Oudl prof SD Snyman Posbus 43843 Heuwelsig 9332 Tel 051 451 2374 (h) / 051 401-2787 (w) / Sel 082 780 8039 E-pos: snymansd@ufs.ac.za Oudl HP Smit Posbus 29656 Danhof 9310 Tel 051 436 1995 / Sel 083 274 8108 Oudl PJB Coetzer Posbus 12050 Danhof 9310 Tel 051 444 0138 / Sel 082 771 3538 E-pos: skriba@ngbloemheuwel.co.za
Sekundi: Mnr SJ de Jager (Parys-Oos) AANGEWYS DEUR DIENS EN BEDIENINGSKOMMISSIE-GROEPERINGE: KERKKANTOOR (SKAF/SPF/APF):
1. Ds LM Foot Jackie Krugerstraat 26 Naudeville Welkom 9459 Sel 083 503 6674 E-pos: leon.foot@telkomsa.net
2. Mnr JA Esterhuizen Direkteur: Administrasie en Finansies, NG Kerk Vrystaat Posbus 11412 Universitas 932 Tel 051 406 6700 E-pos: daf@ngkvs.co.za DIENSKOMMISSIES (SKK, SKLAS, SKOK, KURATORIUM, ARGIEF):
1. Dr C Mitchell Posbus 43031 Heuwelsig 9332 Tel 051 436 4769/ Sel 079 895 3911 E-pos: cmitchell@ngheuwelkruin.org.za
2. Ds HMJ van Rensburg Posbus 22 Villiers 9840 Tel 058 821 0112 / Sel 082 749 5052 E-pos: helgardjvrensburg@vodamail.co.za VENNOTE IN GETUIENIS:
1. Dr G van der Watt Posbus 1399 Bloemfontein 9300 Tel 051 406 6728 (w) / Sel 082 780 8038 E-pos: missio@ngkvs.co.za
2. Ds GPM de Wet Posbus 117 Petrus Steyn 9640 Tel 058 871 3231 / Sel 082 377 0499 E-pos: meiringdewet@telkomsa.net GEMEENTEBEDIENING:
1. Ds A Barlow Altonasingel 49 Fichardtpark Bloemfontein 9301 Tel 051 522 4492 / Sel 084 547 9999 E-pos: abarlow@lantic.net
BARMHARTIGHEIDSBEDIENING (SKDB, ENGO, NG Welsyn):
1. Ds WJ Botha ENGO Posbus 12552 Brandhof 9324 Tel 051 407 7223 (w), 051 436 3330 (h) / Sel 082 441 1867 E-pos: dswjb@engo.co.za 2. Dr JP Robb Posbus 606 Kroonstad 9500 Tel nr 056 212 3366 / Sel 072 599 7772 E-pos: jprobb@telkomsa.net MOOIGENOEG KAMPTERREIN

Die NG Kerk beskik oor sy eie kampterrein, Mooigenoeg. Dit is aan die noordekant van Bloemfontein geleë. Hierdie terrein kan deur groepe (NG en ook nie-NG) gebruik word vir kampe/konferensies - 173 persone kan gehuisves word en twee groepe mense van ongeveer 70, kan gelyktydig geakkommodeer word. Daar is ook nou twee aparte toegeruste chalets (selfsorg) met slaapplek vir onderskeidelik drie en vier persone beskikbaar.   Vir 'n volledige brosjure, met inligting en kontakbesonderhede, klik hier.
|