| GOEDGEKEURDE PRIORITEITE VAN DIE MODERATUUR * Gebed en aanbidding * Versorging van predikante * Ondersteuning van klein gemeentes * Armoede * Eenheid en versoening * Evangelisasie * Aktuele kwessies soos FAS, Vigs, ekologie, landbou, misdaad en onderwys Oor Gebed:
Gebed en aanbidding is een van die hooffokusareas wat die moderatuur pas na die vorige sinode geïdentifiseer het. Intussen het `n gebedsnetwerk tot stand gekom met verteenwoordigers in 80% van gemeentes in die sinodale gebied. Hulle ontvang gereeld per e-pos gebedsbriewe uit die moderatuur. Persone wat belangstel om deel te word van die gebedsnetwerk kan `n skrywe rig aan skriba@kaapkerk.co.za.
Oor die Versorging en Ontwikkeling van Predikante:
Hierdie is nog `n prioriteit van die sinode.
Twee voltydse predikante is verantwoordelike vir die voortgestette bedieningsopleiding van predikante (Coenie Burger) en die pastorale versorging van predikante (Pierre Goosen) Die Communitas webwerf kan vir verdere inligting gekontrak word. Sien Communitas-webblad by www.communitas.co.za Oor Evangelisasie: Sien die GKS webblad www.gokerk.co.za. Oor Klimaatsverandering:
Die komitee van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wat hier in die Wes-Kaap oor klimaatsverandering werk, het `n omvattende verslag oor klimaatsverandering die lig laat sien met die titel: Climate Change – Challenge to Church. Dit is beskikbaar by Dokumente elders op die Wes-en-Suid-Kaap se webblad - klik by Ander. Sien ook www.nuusperspektief.co.za Oor Landbou:
'n Mediaverklaring oor Landbousake is op 18 September 2009 vrygestel (sien Dokumente elders op die webblad). Die verslag van die Wes-en-Suid-Kaap Landbou Taakgroep wat gedien het by die moderamen-vergadering op 12 en 13 Augustus 2009, is beskikbaar by Dokumente elders op die Wes-en-Suid-Kaap webblad - klik by Ander. Oor Misdaad:
Die moderamen van die NGK sinode van Wes-en Suid-Kaapland het tydens hulle vergadering op 13-14 Augustus 2008 onder meer indringend die geweldsituasie teen bejaardes en uitdagings in die landbou bespreek. Klik by Ander onder Dokumente elders op die Wes-en-Suid-Kaap vir die verklaring. Oor MIV/Vigs: Die NG Kerk Wes-en-Suid-Kaapland is diep onder die indruk van die impak van MIV en vigs op die lewe van miljoene Suid-Afrikaners. Klik by Ander onder Dokumente elders op die Wes-en-Suid-Kaap webblad vir die verklaring hieroor. Oor Onderwys: 'n Mediaverklaring oor Godsdiens in skole is op 23 September 2009 vrygestel (sien by Dokumente elders op webblad). Besluite wat tydens die moderamen-vergadering van 12 en 13 Augustus 2009 oor onder andere die situasie in die onderwys geneem is, is by Sake uit Moderamen by Ander onder Dokumente elders op die Wes-en-Suid-Kaap webblad beskikbaar. Vir enige verdere navrae, kontak gerus kommunikasie@kaapkerk.co.za |