Tuisblad Sinodes Predikante Gemeentes
Webbladkaart / Site Map
NGK Soek:  
 

 

> Algemene Sinode
> Hoëveld
> KwaZulu-Natal
> Namibië
> Noord-Kaapland
> Noordelike
> Oos-Kaapland
> Oostelike
> Vrystaat
> Wes- en Suid-Kaap
> Wes-Transvaal
> VGK SA
> NGKerk in Afrika
> RCA

7 Januarie 2009

Jongste Inligting/Nuus

1.Week van Gebed 2009

Die NGK en VGK se Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis (VDDG) het materiaal voorberei wat kan dien as riglyne vir gebruik tydens die Week van Gebed aan die begin van hierdie jaar. Hierdie materiaal is beskikbaar op die Aansteekbord langsaan.

Opmerkings/Navrae: kommunikasie@kaapkerk.co.za

STRUKTUUR VAN DIE SINODE

Die sinode van Wes- en Suid-Kaapland is een van die 10 sinodes van die NG Kerk. Die sinode bestaan uit 229 gemeentes, wat strek van sover as Springbok en Beaufort-Wes in die Wes-Kaap en George in die Suid-Kaap.  Daar is 229 343 belydende lidmate, wat  bedien word deur 375 leraars.

Plaaslik word die gemeentes geografies georganiseer in 29 ringe, naamlik Beaufort, Bellville, Brackenfell, Caledon, Calvinia, Clanwilliam, Durbanville, George, Goodwood, Kaapstad, Knysna, Koeberg, Kuilsrivier, Mosselbaai, Namakwaland, Oudtshoorn, Paarl, Parow, Piketberg, Riversdal, Somerset-Wes, Stellenbosch, Swartland, Swellendam, Tulbagh, Wesland, VGK-tak (Malmesbury, Moorreesburg en meer), Worcester en Wynberg. 

Die administrasie van hierdie sinode vind plaas uit die Sinodale-Sentrum in Bellville.

SINODALE-SENTRUM

Fisiese adres:
De Langestraat 5
Pastoriestraat 11
Bellville

Posadres :
Privaatsak X8
Bellville
7535

Kantoorure : 07:45 tot 16:00 en op Vrydae : 07:45 tot 15:30

Rigtingwysings na die Wes- en Suid-Kaap Sinodale-Sentrum vanaf die N1

Vanaf die N1, neem Durbanweg/ Van Schoorstraat-afrit na die sentrale middestad van Bellville. Ry verby Vodacom en Huis André van der Walt aan jou regterkant en Telkomgebou en -toring op jou linkerkant deur 3 stelle verkeersligte. By die vierde verkeerslig, na die Telkomgebou, draai links in De Langestraat. Ry oor die eerste kruising. Die Sinodale-Sentrum is die tweede gebou op die linkerkant (De Langestraat 5). Parkering is beskikbaar voor die gebou in geel aangedui.

Rigtingwysings vanaf Kaapstad Lughawe

Neem Borcherds Quarryweg (rigting na Bellville). Draai regs in Modderdamweg. Ry in Modderdamweg (rigting Bellville), verby die Universiteit van Wes-Kaap se ingang. Draai links by die volgende verkeerslig.  Ry aan verby Bellville-stasie (op linkerkant). Ry oor Voortrekkerweg in Vleistraat. Draai links by die eerste verkeerslig in De Langestraat. Die Sinodale-Sentrum is aan jou regterkant net na die Bellville NG Kerkgebou. Die adres is De Langestraat 5. Parkering is beskikbaar voor die gebou in geel aangedui.

Saakgelastigde:  Ds Francois Cillié
Tel: 021 957 7100
Faks: 086 524 7132
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za


KOMMUNIKASIE

Die kommunikasie van die sinode word hanteer deur die Sentrum vir Kommunikasie. Dit behels alle elektroniese kommunikasie/inligting, (intern sowel as ekstern), asook die publieke getuienis (skakeling met media) van die kerk vir die sinode. Dit is terselfdertyd die kantoor waaruit die Algemene Sinode se elektroniese kommunikasie, sowel as die betrokkenheid van die NG Kerk by die wetskrywende proses van die Nasionale Parlement (Parlementêre Lessenaar) bestuur word. 

 

Direkteur Kommunikasie:  Dr Ben du Toit
Tel: 021 957 7196
Faks: 021 957 7197
E-pos adres: bendutoit@kaapkerk.co.za

Kantoorbestuurder:  Marieta Mundell
Tel: 021 957 7195/6
Faks: 021 957 7197
E-pos adres: kommunikasie@kaapkerk.co.za

MODERATUUR en MODERAMEN

1. MODERATUUR

Klik hier om die Moderatuur te besigtig.

2. MODERAMEN

Klik hier om die Moderamen te besigtig.

:: Aansteekbord ::

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Gespreksforum]