|
Argief Die Sinodale Taakspan vir die Argief (STA) is verantwoordelik vir die werksaamhede van die Argief. Die Argief bied bewaringsdienste van dokumente, 'n registerdiens en hulp aan kerkkantore, 'n bestuursdiens vir kerkkantooradministrasie en 'n inligtingsdiens. Die Argief hanteer ook gemeentes se administrasie rondom die Inligtingswet (Wet 2 van 2000). Kontakbesonderhede: 021 882 9923 of argief@kaapkerk.co.za Besoek die Argief se webblad by www.kerkargief.co.za
BADISA BADISA is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) se Sinodale Diensgroep vir Armoede en Sorg (SDAS) en die VGKSA (Kaapland) se Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste (SKDD). BADISA is die voertuig waarmee die kerk die opdrag van Christus uitvoer, nl om liefde en barmhartigheid aan mense en gemeenskappe in nood te bewys. Kontakbesonderhede: 021 957 7130 of info@badisa.org.za Die BADISA-webblad is by www.badisa.org.za
Bediening vir Armoede en Sorg Die barmhartigheidsbediening van die NG/VG Kerk het ten doel om deur barmhartigheidsdiens die Koninkryk van God te vestig en uit te brei – en dit deur konkrete gestalte te gee aan die karakter van die kerk as 'n dienende gemeenskap. Hierdie bediening resorteer in die NGK onder die Sinodale Diensgroep vir Armoede en Sorg (SDAS).Kontakbesonderhede: 021 957 7113 of omgee@kaapkerk.co.za of besoek hulle webblad by www.omgee.org.za
Communitas Communitas is 'n netwerk vanuit die VGK Sinode Kaapland en die NG Sinodes Wes-en-Suid-Kaap en Oos-Kaap wat in lyn met die sinodes se missie, kapasiteit in gemeentes bou sodat gemeentes hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit. Die Sinodale Diensgroep vir Gemeentebegeleiding (SDG) funksioneer onder die noemnaam Communitas. Kry meer inligting by www.communitas.co.za
Diensverhoudinge Die Sinodale Taakspan vir Diensverhoudinge (STD) bestuur alle diensverhoudinge tussen die sinode as werkgewer en sy werknemers. Hierdie taakspan moet toesien dat billike arbeidspraktyke gehandhaaf word om te verseker dat die werkgewer en die werknemer die verpligtinge wat hulle teenoor mekaar het, getrou sal nakom en bied ook 'n burodiens vir gemeentes en ringe aan, hetsy dit oor posbeskrywings, dienskontrakte, personeelbeleid, of enige aspek van menslike hulpbronbestuur gaan. Kontakbesonderhede: 021 957 7104 of ngkadmin@kaapkerk.co.za
Fondse en Administrasie Die Administrasie van die NG Kerk in SA (Wes-en-Suid-Kaap Sinode) is verantwoordelik vir die werksaamhede van die Sinodale Taakspan vir Fondse en Administrasie (STFA). Die STFA beheer en beskik oor die bates van die NG Kerk in SA en is verantwoordelik vir die besteding en ontvangs van alle fondse en geld wat die sinodale kerkkantoor hanteer word. Kontakbesonderhede: 021 957 7104 of ngkadmin@kaapkerk.co.za
Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samewerking Met hulle nuwe leuse Nuwe Gemeentes vir Nuwe tye word verduidelik dat die GKS se doel is om in die veranderende tye waarin ons leef met die gepaardgaande uitdagings aan die kerk (m.a.w. Nuwe Tye), vir gemeentes te help om nuut te dink oor: Wie hulle is, die beeld wat hulle uitstraal, hulle taak op die plek waar hulle funksioneer en hoe om die leierskap- en ander uitdagings wat daarmee gepaardgaan, te ontwikkel deur nuwe maniere van dink en doen, nuwe strukture en nuwe aanbiedingswyses om die evangelie oor grense te dra. Kontak Peter Adams by peteradams@sun.ac.za
Gemeentebegeleiding Die Taakspan vir Gemeentebediening fokus op die gestuurdheid van gemeentes. Kontak dr Frederick Marais by 021 808 3265 of jfmarais@sun.ac.za
Getuienis Die Sinodale Diensgroep vir Getuienis (SDG) koördineer en bestuur sedert 1991 'n aantal belangrike sinodale getuienis-projekte en vennootskappe namens die NG Kerkfamilie binne en vanuit die Kaap-Provinsie. In ons bedieninge en ondernemings fokus ons hoofsaaklik op evangelisasie, onderwys en opleiding, medies en ontwikkeling. Kontakbesonderhede: 021 957 7184 of kga2@kaapkerk.co.za of besoek hulle webblad by www.kga.org.za
Jeug Die Sinodale Taakspan vir Jeug en Familiebegeleiding (STJF) behartig alle aspekte van die Jeugbediening van gemeentes en sal graag saam met gemeentes wil dink en werk om hierdie bediening verder uit te brei. Hulle fokus onder meer op: Kategese, Jeugfasilitering, Kinderbediening, Matriekbediening, Jeugwerkers, Ervaringsleer opleiding en Familie-eredienste. Die netwerke waarin die SJK staan is www.nous.org.za , www.jonk.co.za en www.communitas.co.za - besoek gerus hierdie webwerwe vir verdere jeugbedieningsleiding. Kontakbesonderhede: 021 808 9050 of jeug@sun.ac.za Meer oor Jeug by www.communitas.co.za
Kommunikasie Die Sentrum vir Kommunikasie is verantwoordelik aan die Sinodale Koördinering Span (SKS) rakende die kommunikasie in die sinode. Die Sentrum vir Kommunikasie gee aandag aan die kommunikasiestrategie in die sinode en kyk onder meer ook krities na die wyse waarop die sinodale strukture kommunikeer na gemeentes, predikante en lidmate. Kontakbesonderhede: 021 957 7195 of kommunikasie@kaapkerk.co.za
Kuratorium Die Sinodale Taakspan vir die Kuratorium (STK) oorsien namens die NG Kerk die teologiese opleiding van studente aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie. Kontakbesonderhede: 021 887 6819 of mpsahd@sun.ac.za of dadp@sun.ac.za
Leer en Aktuele Sake Die Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (STLAS) adviseer die sinode in verband met alle sake rakende die leer en leerstelling-etiese kwessies van aktuele belang in die lewe en getuienis van die kerk. Hulle hanteer navorsing en beplanning, inligting en voorligting in verband met die leer en aktuele sake. Kontakbesonderhede: 021 957 7195 of kommunikasie@kaapkerk.co.za
Parlementęre Lessenaar/Publieke Getuienis Die Sentrum vir Kommunikasie is die tuiste van die Parlementęre Lessenaar van die Algemene Sinode en die PSD: Kommunikasie staan vir 50% van sy pligte in diens van die Algemene Sinode Moderamen (ASM). Die PL hanteer die publieke getuienis van die kerk, waaronder kerk/owerheidsaangeleenthede en ons as kerk se verhouding ten opsigte van die land se Grondwet, vir die sinode. Kontakbesonderhede: 021 957 7195 of kommunikasie@kaapkerk.co.za
Sinodale Taakspan vir Regte Die Sinodale Taakspan vir Regte (STR) is verantwoordelik vir die voorbereiding, samestelling, publikasie en byhou van Die Kerkorde, Bepalinge en Reglemente. Die kommissie verskaf voorligting en raad oor kerkregtelike sake aan gemeentes, ringe en ander kerkvergaderinge en/of kommissies. Kontakbesonderhede: 084 234 1155 of charl@parke.co.za
Voortgesette Bedieningsontwikkeling Die Sinodale Taakspan vir Voortgesette Bedieningsopleiding (STVBO) is verantwoordelik vir die Voortgesette Bedieningsontwikkeling van leraars. Hulle doen dit onder andere deur die aanbieding van kursusse wat fokus op die verdieping van predikante se insig in die evangelie, die vernuwing van hul roeping en die slyping van hul bedieningsvaardighede. Kontak: 021 808 3624 of cmer@sun.ac.za Meer oor VBO by www.communitas.co.za > Kursusse
Vrouelidmate Die Sinodale Taakspan vir Vrouelidmate is verantwoordelik vir die Kantoor vir Vrouelidmate. Hulle ondersteun en begelei gemeentes en vrouebedieninge in hulle unieke bediening aan vroue. Die kantoor fokus op toerusting en ondersteuning, die skep van 'n netwerk, die ontwikkeling en voorsiening van hulpmiddels en die beskikbaarstelling van inligting oor kerklike werksaamhede. Kontakbesonderhede: 021 808 9060 of ngkvroue@sun.ac.za Meer oor Vrouelidmate by www.vroueweskaap.co.za/
|