Tuisblad Gemeentes Predikante Sinodes
Webbladkaart / Site Map
 

 


Klik op die datum vir die nuutste uitgawe: 30 Julie 2010

Die Sentrum vir Kommunikasie is verantwoordelik vir die elektroniese kommunikasie na die gemeentes, asook tussen die sinodale strukture.

Volgens ooreenkoms met die sinodes van Noord-Kaapland en Oos-Kaap word inligting ook aan hulle sinodes/gemeentes verskaf. Op die huidige stadium geskied dit hoofsaaklik via VrydagNuus (direk aan die gemeentes van Noord-Kaapland, terwyl dit aan die Sinodale Kantoor van Oos-Kaap gestuur word, waar dit beskikbaar gemaak word op hulle webwerf).

VrydagNuus word ook weekliks op die inter-sinodale webwerf van die NG Kerk, spesifiek op die Wes-en-Suid-Kaapse webblad, geplaas waar dit toeganklik is vir die openbare publiek.

Verder word die nuusbrief ook gestuur na die hele elektroniese netwerk van die NG Kerk (dit is ‘n oor-en-weer-inligtingsdiens tussen die sinodes), (volgens ooreenkoms) na die VGK-Kaapland-sinode se gemeentes en predikante, asook aan ‘n groot aantal ander individue en instansies nasionaal, sowel as internasionaal.

Die doel van VrydagNuus is drieërlei:
1) Algemene inligting en blootstelling aan die breë kerklike toneel
2) Spesifieke sake op die gemeentes/lidmate van toepassing
3) Pastorale kommunikasie met gemeentes deur die kerkverband

Vrywaring


[Tuisblad] [Nuus] [So lyk ons] [Sinodes] [Predikante] [Gemeentes] [Standpunte] [Diversiteitsforum]