Tuisblad Gemeentes Predikante Sinodes
  
 

Verslawing

Suid-Afrika het ’n baie hoë voorkoms van drank- en dwelmmisbruik. Die gebruik van onder andere TIK (methamphetamine) in veral die Wes-Kaap neem baie ernstige afmetings aan.

BADISA, die gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland) is een organisasie met verskillende programme gemik op hulp met middelafhanklikheid.

Vir meer oor BADISA se werk in hierdie verband, besoek www.badisa.org.za

 

RAMOT

Ramot is ’n behandelingsentrum vir verslawing in Parow-Oos. Hierdie sentrum is onlangs opgegradeer.

Hulle passie en fokus is die professionele en holistiese behandeling van verskillende vorme van verslawing, naamlik alkohol, pil en ander dwelmverslawing, ten einde pasiënte in staat te stel om fisies, psigies en geestelik te kan herstel, sodat hulle optimaal volgens hul potensiaal kan funksioneer. ’n Onderskeidende kenmerk van RAMOT se program is die intensiewe persoonlike aandag wat elke pasiënt ontvang.

Klik hier vir meer inligting oor RAMOT.

 

TOEVLUG

Toevlug Sentrum op Worcester fokus op die voorkoming, behandeling en nasorg van middelafhanklikheid.

Toevlug kan gekontak word by 023 342 1162 of opname@toevlug.org

 

FASfacts

FASfacts inisieer holistiese en Christelik-gebaseerde programme om Fetale Alkohol Sindroom in Suid-Afrika te verminder. Hulle hoofkantoor is in Worcester geleë.

Klik hier vir meer inligting oor FASfacts

 

 

Vrywaring